PERSONALITY PROFILE – Berno Heinrich Grobbelaar

Naam en Van
Berno Heinrich Grobbelaar

U huidige beroep?
Ek is ‘n Health and Safety(veiligheid en gesondheid) praktiseerder/
raadgewer

Wat motiveer jou?
‘n Positiewe gesindheid

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Geskiedenis

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Om nie al my studies in ander velde klaar te gemaak het nie

As jy en persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Iemand wat baie hard werk en swaar kry sodat daai person vir ‘n week kan rus
Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Toe my hare verkeerd gesny was en my bles gewys het vir ‘n hele ruk lank

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal my skuld afbetaal en dan die res vas belê

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
My sonbril nie

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
My gunsteling gereg is ‘n Platter for One by Ocean Basket

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Om meer wense te kry

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is ‘n pa van ‘n pragtige baba seuntjie en ‘n wonderlike vrou. Ek vang graag vis en gaan braai op die strand of hawe

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Moet nooit ophou grawe vir jou diamant nie, hy is dalk nader as wat jy dink

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie?
Om tyd saam my familie te spandeer of as hulle my kwaad maak video speletjies te speel of vis te vang

Kontakbesonderhede: Berno Grobbelaar
Tel: 076 313 1661  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply