Van waar kom jy?
Ek het sopas teruggekeer van Engeland waar ek 5 jaar gewoon het, maar is eintlik ‘n gebore Bolander.
Wat bring jou na Stilbaai?
My werk. Ek het aangesluit by Sotheby’s International Realty as bemarker.
Jou huidige beroep/besigheid?
Eiendomsagent.
Het jy kinders? Indien wel, vertel ons meer.
Ek het vier kinders, maar hulle is ook al getroud met kinders.
Jou gunsteling gereg.
Braaivleis.
Wat was jou trotste oomblik?
Toe ek na my terugkeer SA toe weer my eie motor kon koop.
Wat irriteer jou?
Om te wag wanneer ek weet ek kon iets gou afgehandel het.
Het jy stokperdjies en/of wat is jou belangstellings?
Lees, stories en gedigte skryf, skilder, reis, mense en hul stories.
Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid.
Toe ‘n potensiële koper per ongeluk in die swembad geval het van ‘n eiendom wat ek aan hom gewys het.
Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel. Internasionale politieke gebeure.
Ek verlaat nooit my huis sonder?
My sleutels en my selfoon.
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself: Toe ek alleen in die vreemde gewoon het, het ek noodgedwonge lesse in nederigheid en die afsterf aan materieële dinge geleer. Om langs die see te stap, die son op my vel te voel en om lekker te kuier en gesels, dit is die lewe!
Tel: 082 584 2014