HANNELIE GEE OM/DIE KOSPAKKIE

Hannelie Gee Om” het saam met Abrina4858 gesmelt en staan ons nou amptelik bekend as “DIE KOSPAKKIE”. Hanlie is die Projekbestuurder van die Suid-Kaap (Hessequa & Eden streek). Sy doen dit gratis en ontvang GEEN betaling nie.HULLE BENODIG BAIE, BAIE DRINGEND AFSET-PUNTE* (“DROP OFF POINTS”)!!!
Persone of besighede wat vir ons kan dien as afset-punte (“drop off points”) waar die publiek skenkings en donasie heen kan neem. Want ons kan ongelukkig nie elke dag op en af ry om net een pakkie te gaan haal nie. Ons kom haal dit dan elke 4 tot 6 weke OF indien dit baie is nog vroeër. Dit is ideaal vir besighede om meer voete na hulle besighede te lok. Ons benodig veral afset punte (“drop off points” persoon of besigheid) in Riversdal-area, Gouritsmond, Mosselbaai-area en George-area waar die publiek skenkings heen kan neem. Indien jy of iemand wat jy ken ’n afset punt wil wees, stuur asb. vir my ’n e-pos na: hannelie.skenkings@gmail.com en merk dit as “WIL AFSET PUNT WORD.”
Ons het reeds die volgende afset-punte:
Albertinia: Hannelie Gee Om (Hannelie OF Rina Pretorius), Adres: LENIEHOF NR 5, KERKSTR 32, ALBERTINIA, Tel: 073 543 8778 (skakel net om te bevestig of ek by die huis is asb.) E-pos: hannelie.skenkings@gmail.com
Stilbaai: Chrisna Uys, Adres: Bellevue Resort, Oslerstr. 8, Stilbaai-Oos, Tel: 028 754 1505, Tye: Maandae tot Vrydae vanaf 09h00 – 12h00 en 14h00 – 16h00,
Ons benodig veral in die volgende dorpe/area/gebiede:
Riversdal
Gouritsmond
Vleesbaai
Danabaai/Mosselbaai/Hartenbos/Reebok/
Tegniet
Glentana/Klein Brak Rivier/Groot Brak Rivier
George/Wildernis
ONS BENODIG OOK BAIE, BAIE DRINGEND VRYWILLIGERS (“VOLUNTEERS”)!!!
Persone moet BAIE eerlik en betroubaar wees. Finansieel standvastig, want die persone word nie betaal om hierdie liefdesdaad te doen nie. Die persone benodig hulle eie selfoon, rekenaar met internet en eie vervoer. Dit behels om donasies & skenkings in te samel. Pakkies op te maak en dit dan by behoeftige gesinne (wat gekeur is) te gaan aflewer.
Ons moet ongelukkig die behoeftige gesinne/persone keur, want daar is nie genoeg skenkings vir al die gesinne/persone nie. Indien jy weet van gesin/persoon wat regtigwaar sukkel in jou omgewing, laat weet ons asb. sodat ons ook na die gesin/persoon kan uitreik om te help.
Neem asb. kennis van die kontak besonderhede vir die Suid-Kaap (Hessequa & Eden):

WHATSAPP NOMMER = 073 543 8778
E-POS ADRES = hannelie.skenkings@gmail.com
Daar is tans 90+ gesinne/persone in die Hessequa & Eden area wat by Die Kospakkie alleen ʼn kospakkie ontvang.
JUNIE 2017 PROJEK: Jeugdag Projek
Die volgende projek wat ons tans aanpak en julle hulp mee benodig is die “Jeugdag Projek” Ons beoog om die lekkergoed pakkies vir die kinders op die 15 & 16 Junie 2017 te gaan uitdeel tesame met ʼn kospakkie vir die ouers. Enige lekkergoed en skyfies is welkom.
Ons beoog om die volgende projekte as PERMANENTE PROJEKTE in te stel:
• Kos & Toiletware Pakkie Projek
• Skool-Toebroodjie-Projek
• Skool Sanitêreware Projek
• Gebottelde Water Projek
• Blokkies Wol Projek (Werkskeppings Projek)
• Munt-Bottel-Projek
Ons gaan net ’n klein bietjie van elke projek vertel, maar indien jy graag meer inligting wil bekom is jy meer as welkom om ons te kontak, want ons werskaf nog aan hierdie projekte, so daar mag dalk ’n paar kinkels in die kabels kom.
• Kos & Toiletware Pakkie:
Ons glo nie, ons hoef veel hieroor te sê nie, want die naam sê alles. Enige kos/voedsel (vars, gevries, geblik, enige iets is welkom – sien aangehegte kruideniersware lys as riglyn) en toiletware vir mans, dames, kinders is welkom. Ons vertel altyd vir die mense, dit wat jy in jou huis gebruik, dit is ook goed genoeg vir ’n skenking.
• Skool-Toebroodjie-Projek:
Ons het verneem dat daar by verskeie skole in Hessequa en Eden pouse toebroodjies uigetdeel aan minderbevoorregte kinders. Ons wil graag saam met hierdie dames werk en ook namens Die Kospakkie ook items soos margarien en ander smeersels bv. Grondboontjie botter (“Peanut Butter”), Marmite, Konfyt en so meer vir toebroodjies skenk.
•Skool Sanitêreware Projek:

Ons het ook van verskeie skole in Hessequa en Eden verneem dat daar ʼn projek is “hou ons dogters in die skool” en daar word aan behoeftige meisies sanitêreware, seep, waslap, deodorant, en so meer uitgedeel. Ons wil graag saam met hierdie dames wat die projek hanteer by skole werk en ook namens Die Kospakkie ook sanitêreware en toiletware skenk.
•Gebottelde Water Projek:

In die Hessequa-area is daar altyd so baie brande, nie net veldbrande nie, maar brande wat in huise en so meer ontstaan. Die brandbestryders het altyd ’n groot tenkwa met water, maar daardie water kan die brandbestryders nie drink nie, want dit kom gewoonlik uit rivier of damme uit. Daarom het ons besluit om hierdie projek op die been te bring, sodat daar altyd genoeg voorrade is en dat ’n mens nie op nommer 99 moet rondskarrel vir sulke items nie. Items wat ons hier benodig is soos volg: Gebottelde water (enige grootte), Koeldrank of energie drankies, Energie of sjokolade stafies, Oogdruppels
•Blokkies Wol Projek:
Ek en my ma het ’n projek begin in April 2016 genaamd HanRi Diere Kos & Kombersie Projek. Ons hekel blokkies van wol (20cm x 20cm OF A5 grootte). Jy kan ons ook help om blokkies te brei, te hekel of te “loom”. Jy kan die blokkies van enige wol maak en jy kan ook die blokkies enige patroon maak. As jy nie een van die drie kan doen nie, is jy ook meer as welkom om vir ons wol te skenk. Selfs ou wol items wat ons kan lostrek is ook meer as welkom. Die wol kan enige grootte, dikte, lengte, en so meer wees. Ons maak vir verskeie instansies kombersies soos byvoorbeeld Ecclesia663 (Riversdal/Stilbaai/Ladismith/Swellendam Diereklinieke) asook ander diereklinieke in die Hessequa & Eden streek asook vir meer inligting stuur gerus ’n e-pos stuur aan: hanri.diere.projekte@gmail.com
•Munt-Bottel-Projek:
Die naam sê alles! Jy kry ’n groterige bottel of blik en dan gooi jy al jou kleingeld daarin. Dan kan jy die inhoud van die bottel/blik vir Die Kospakkie skenk en daaruit gaan ons dan die nodige items koop wat ons dringend benodig vir hierdie gesinne. Jy is ook meer as welkom om self items daaruit te koop en aan ons te skenk. En op hierdie manier voel ’n mens dit nie so erg aan jou sak om ’n skenking te maak nie.
NUWE PROJEK: Madiba-Dag Projekte:
PROJEK 1: Die volgende projek wat ons tans aanpak en julle hulp mee benodig is die “Madiba-Dag Projek” Ons beoog om die lekkergoed pakkies vir die kinders die gedurende Julie 2017 te gaan. Enige lekkergoed (“sweets”) en skyfies (“chips”) is welkom.
PROJEK 2: Ons wil graag toiletware vir “trauma-kamers” skenk soos bv. by polisiekantore, hospitale, en so meer.
Inien julle enige navrae of voorstelle het, laat weet gerus. Vertel ook asb. vir julle vriende, familie, kollegas en so meer ook hiervan, want sonder julle hulp kan ons nie ’n sukses hiervan maak nie. Hou ook gerus ons Facebook blaaie “Hannelie Gee Om” of “Hessequa Kospakkie” of “Behoeftige Gesinne” dop vir enige nuwe projekte. Ons plaas ook gereeld daar die skenkings wat ons ontvang en ook wanneer ons dit gaan uitdeel die persoon se lyf met die skenking. Nogmaals baie duisende dankie!!!

Hannelie Pretorius (Albertinia)
Suid-Kaap Projek Bestuurder

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply