LANGNEKSTORIES

 

Die eerste kabinetsvergadering het plaasgevind op R.O.A.R. en daar is besluit dat die President, Baron “Big Bucks” von Vogel, ‘n vliegtuig moet kry. Geen president in die wêreld is sonder vlerke nie, en ons president kan nie afsteek nie, anders gaan daar weer gesê word dat “volstruise nie kan vlieg nie”.

Die finansies laat egter nie toe om ‘n duur vliegtuig aan te skaf nie en daar word vining gewerk om vlerke, wiele, petroldromme en alles wat nodig is om die ystervoël in die lug te kry – en daar te hou – aan te skaf.

Die projek werk fantasties, maar toe sluip daar ‘n tegniese fout in. Die vlieënier, by name ou Flightless, se opleiding as loods skiet ‘n bietjie kort. Maar, na ‘n paar ekstra aandklasse is hy gou weer op datum.

Daar is toe ontdek dat ‘n paar reperasies aan die skelet van die ystervoël aangebring moet word. Maar, omdat die begroting so knap is, word donasies vanaf buurstate en hulle “voël vriendelike” burgers aangevra. Enige ou vliegtuig parte wat daar in julle agterplase rondlê sal waardeer word. Uniforms, pette, waaiers, sitplekke, vlerke asook ‘n “black box” is meer as welkom.

Met die eerste toetsvlug het die swart Kassie (black box) êrens verlore geraak. Indien iemand dit opgetel het, bring dit asseblief na Tuinplaas.

Daar wag ‘n beloning op u. Tydens die landing is een vlerk ook beskadig. Ons soek nou net ‘n liter gom en ander versterkings om dit gou reg te maak.

Nadat hierdie foutjies uitgeskael is, sal die Baron sy amptelike besoeke kan voortsit. Ons vertrou dat ou Flightless nie weer die verkeerde knoppies sal druk nie, maar hy het by die aandklasse geleer om die probleem uit te skakel.

Ons glo alles sal goed gaan, want hy het laas hard met moeder aarde kennis gemaak en wil nou bewys dat hy die beste loods op R.O.A.R. is.

Onthou asseblief om rond te suffel vir onderdele, en veral die “black box”, wat soek is.
U kan die lugmag owerhede op Tuinplaas kontak, of stuur ‘n epos aan roarrep@gmail.com, wat die direkte kontak is vir die Baron. Die Baron, of sy media verteenwoordiges staan by om enige vrae te beantwoord of sy bankbesonderhede aan voëlvriendelike donateurs beskikbaar te stel.

Tot volgende keer
Groete van huis tot huis
Vollie Volstruis.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply