PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK- Louis Aucamp

U huidige beroep?
Tegniese en finansiële Konsultant

Wat motiveer jou?
Uitdagings

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Enige geskiedkundige gebeurtenis

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Wat ek gereeld doen is om iets te gaan koop soos bv klere die regte grote/maak/kleur ens. Uit te kies en dan by die huis uit te vind dat ek die kleiner of groter of soort gelyke artikel geneem en betaal het.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Johann Rupert. Ek beskou sy Pa Anton as een van die mees uitstaande Afrikaners en sal baie graag wil werk in die omgewing en nalatenskap wat hy geskep het in die besigheids wêreld.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
By ‘n groot staats instansie waar ek gewerk het was die hele gebou oop plan en daar was groot koffie/eet areas op elke vloer. Etens tye en so aan was die geriewe baie besig. Ek het ‘n vroulike kollega gehad wat redelik breed van figuur was. Die spesifieke dag het sy ‘n broekpak met breë horisontale strepe (blou, bruin en oranje) aan gehad. Ek en ‘n vriend was aan die oorkant van die area en ek se vir hom “as ek so ‘n groot gat gehad het sal ek dit nie nog onderstreep nie”. Nou ja dis toe ou Niek sy “magic” doen en die hele plek ‘n oomblik van stilte beleef en my aanmerking trek soos ‘n “stage whisper” oor die hele vertrek. Ek is nooit daarvoor vergewe nie en was natuurlik rooi van skaamte.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Skuld betaal of ‘n nuwe kar koop. NAW spandeer dit op ‘n groot vakansie!!!!

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
‘n sakdoek

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Leipoldt se skaapvleis tamatie bredie. La Petite Ferme en Haute Cabriere in Franshoek

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Om soos die impresioniste te kan skilder
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is lief vir lekker eet en wynproe. Ek lief balet en klasieke dans. Ek lees baie geskiedenis en “science fantasy”. Ek kyk graag sokker en krieket en oja ek verpes rugby.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Raak betrokke by bewarings aangeleenthede.

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Lees.
Tel: 082 459 4862

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply