ARISE 2017 SPREI VLERKE.

ARISE het in 2012 ontstaan vir kinders tussen 4 – 14 jaar met die doel om hulle te bemagtig om vir Jesus op te staan. Met ARISE 2017 is vlerke gesprei na ons jeug van 6 – 20 jaar en is dit gekombineer met ‘n Sportdag.

Jeugdag is afgeskop met ‘n optog deur Melkhoutfontein se strate gelei met musiek en singende kinders.

By die Sportterrein aangekom, is die sang met oorgawe afgesluit en is daar geluister na ‘n samespraak gebaseer op Ps. 1 dat ‘n mens net gelukkig kan wees as hy/sy vir Jesus kies en met Sy lewende water lewe. Ons eie burgemeester het dit bevestig in sy openingsboodskap wat oor regte en verkeerde keuses gehandel het en dit belig het met voorbeelde uit sy eie lewe.
Die groot pret het aangebreek met inheemse spele en danse vir die juniors en spansport vir die seniors.

Eden Sportraad het kundiges voorsien wat elkeen ‘n ekspert in sy/haar sport is, t.w. rugby, netbal, bofbal,toutrek, tafeltennis, pool en inheemse spele. Die hoogtepunt was die prysuitdeling waar die wenspanne beloon is met trofees en medaljes. Baie kinders se harte is bly gemaak deur pryse te wen in ‘n gelukstrekking.

Ons is groot dank verskuldig aan mnr Dirk van der Westhuizen van Departement Sport en Kultuur asook Mnr Dave Van der Walt van Eden Sport Raad wat al die reëlings i.v.m. die Sport so puik gedoen het.

Die sukses van die dag kan toegeskryf word aan die samewerking van di

e kantoor van die minister van die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur, Eden Sportraad, Hesseque Munisipaliteit, Badisa, Gemeenskaps Polisiërings Forum(GPF) en Ouma Lena se Huis. Ons dank aan soveel vriende wat spontaan gehelp het met finansiële ondersteuning, voedselvoorsiening en die versorging van ons jeug vir wie hulle ‘n passie het!
(Irma Huysamer)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply