Hannelie Gee Om/Kospakkie : VERWOESTENDE BRANDE

Hannelie Gee Om/Die Kospakkie wil graag skenkings maak aan verskeie organisasies/instansies wat in die Sedgefield, Knysna en Plettenbergbaai omgewing werksaam is, waar die verwoestende brande honderde huise verwoes het.

Volgens die brandweer hoof Reginald Geldenhuys is daar in die Knysna-omgewing 400 huise heeltemal verwoes en in die Plettenbergbaai-omgewing ongeveer 100. Hannelie Gee Om/Die Kospakkie het ongelukkig nie die getal vir die Sedgefield-omgewing nie.

Hierdie gesinne wat geen heenkome het nie, word tans in gemeenskapsale, kerksale en so meer gehuisves.

Daar is verskeie organisasies/instansies wat aan die stuur is in hierdie dorpe. Hannelie Gee Om/Die Kospakkie wil graag hierdie organisasies/instansies bystaan met skenkings. Daar word veral die volgende items benodig:

· Kos/Voedsel – van enige aard bv. Vars, gevries, MAAR VERAL NIE-BEDERFBAAR kos soos blikkies-kos en pakkies kos soos sop, 2-min noedels, ens.
· Toiletware vir mans & dames.
· Sanitêreware.
· Troeteldierkos – veral vir katte, honde en voëls.
· Gebottelde water.
· Oogdruppels.
· Finansiële bydraes.
· Enige ander skenkings is ook meer as welkom bv. Klere, skoene, huishoudelike items.

Die bankbesonderhede vir finansiële bydraes is soos volg:
Rekening Naam: ABRINA 4858
Bank: FNB
Rekening nommer: 625 9845 3513
Tak kode: 254 005
Verwysing: Hessequa/HanRi Project
*** ʼn SARS 18A sertifikaat sal uitgereik word indien jy een verlang. ***

Skenkings in die Hessequa-area kan na die volgende afset-plekke geneem word. 

Albertinia: Hannelie Gee Om (Hannelie Pretorius), Adres: LENIEHOF NR 5, KERKSTR 32, ALBERTINIA,
WhatsApp & Sel nr: 073 543 8778 (skakel net om te bevestig of ek by die huis is asb.)
E-pos: hannelie.skenkings@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply