ARISE 2017 SPREI VLERKE.

ARISE het in 2012 ontstaan vir kinders tussen 4 – 14 jaar met die doel om hulle te bemagtig om vir Jesus op te staan. Met ARISE 2017 is vlerke gesprei na ons jeug van 6 – 20 jaar en is dit gekombineer met ‘n Sportdag.

Jeugdag is afgeskop met ‘n optog deur Melkhoutfontein se strate gelei met musiek en singende kinders.

By die Sportterrein aangekom, is die sang met oorgawe afgesluit en is daar geluister na ‘n samespraak gebaseer op Ps. 1 dat ‘n mens net gelukkig kan wees as hy/sy vir Jesus kies en met Sy lewende water lewe. Ons eie burgemeester het dit bevestig in sy openingsboodskap wat oor regte en verkeerde keuses gehandel het en dit belig het met voorbeelde uit sy eie lewe.
Die groot pret het aangebreek met inheemse spele en danse vir die juniors en spansport vir die seniors.

Eden Sportraad het kundiges voorsien wat elkeen ‘n ekspert in sy/haar sport is, t.w. rugby, netbal, bofbal,toutrek, tafeltennis, pool en inheemse spele. Die hoogtepunt was die prysuitdeling waar die wenspanne beloon is met trofees en medaljes. Baie kinders se harte is bly gemaak deur pryse te wen in ‘n gelukstrekking.

Ons is groot dank verskuldig aan mnr Dirk van der Westhuizen van Departement Sport en Kultuur asook Mnr Dave Van der Walt van Eden Sport Raad wat al die reëlings i.v.m. die Sport so puik gedoen het.

Die sukses van die dag kan toegeskryf word aan die samewerking van di

e kantoor van die minister van die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur, Eden Sportraad, Hesseque Munisipaliteit, Badisa, Gemeenskaps Polisiërings Forum(GPF) en Ouma Lena se Huis. Ons dank aan soveel vriende wat spontaan gehelp het met finansiële ondersteuning, voedselvoorsiening en die versorging van ons jeug vir wie hulle ‘n passie het!
(Irma Huysamer)

HEIDELBERG CRAFTERS MARKET

Ek rig net graag hierdie epos om jul in kennis te stel dat ons as Heidelberg Toerisme kantoor op 29 Julie 2017 `n Heidelberg Crafters Market gaan hou hier by ons kantoor 14 Eksten Straat en almal is welkom om dit by te woon.

Dit begin amptelik om 10H00 hier by die Toerisme kantoor.

 

MARLÉ VAN STILBAAI PRESTEER

Marlé Louw het tydens die afgelope gradeplegtigheid van die Potchefstroomse Universiteit haar doktorsgraad behaal.

Sy bereik baie mylpale tydens haar studies. So behaal sy ‘n BA graad in Privaat en Openbare Sektor (Cum Laude), waarna sy ‘n B Psigologie graad, asook ‘n BA Graad in Teologie (Pastoraat) en ‘n Meesters Graad in Kliniese Sielkunde verwerf.

Sy ontvang ook Akademiese Erekleure en dien op die Teologiese Studenteraad. Maar steeds is dit niet die einde – tydens die onlangse gradeplegtigheid is ‘n Doktersgraad aan haar toegeken.

Baie geluk, dit wil gedoen word!
Haar man, Vian is ‘n leraar by die NG Kerk Stilbaai.

Toe hulle na Stilbaai verhuis, verkoop sy haar privaatpraktyk in Klerksdorp en begin weer een in Stilbaai waar sy as Kliniese Sielkundige praktiseer.

Hulle het twee kindertjis Lian (4) en Leyla (2).
Kontaknommer: 083 410 6607