PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Jeanne van Tonder

U huidige beroep?
Reisagent – Club Travel Stilbaai

Wat motiveer jou?
Dis vir my regtig lekker om mense se vakansies te reël – en so drome te laat waar word. Vriendelikheid en eerlikheid kos niks. ‘n Mooi sonsopkoms. Dankbaarheid.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Google

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Ek moes na my Ma geluister het.

As jy en persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Nataniël se assistent – dalk kan ek ordentlik leer kosmaak.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Ek het ‘n toergroep geneem na Turkye en hulle het my op die verhoog geroep om te ”belly-dance” voor ‘n hele gehoor mense – ek bloos tot vandag toe – ek kan nie dans nie.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
My deel gee vir Huis Stilbaai, NSRI, Dierebeskerming en plekke waar mense sulke goeie werk en tyd gee, en dan bietjie belê, en met die res sal ek toer.

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
‘n Sin vir humor.

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
My man se braaitjops! On The Rocks se Surf & Turf en Oppirivier se slaptjips.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Insig – om te kan verstaan hoekom sekere mense optree soos hulle doen.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Stellenbos se Du Preez wat na 31 lande getoer het – met liefde vir diere en natuur, en wonder waar Cape Nature die slange loslaat wat hulle so mooi by die mense se huise kom red.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Waardeer en geniet hiedie pragtige wêreld en sy mense. Meeste van ons is geseën met twee ore en een mond – dalk moet ons beter luister en minder kla.

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Lees, enige TV sport insluitend wen-rugby, Crime Channel, net om by die see te wees en natuurlik ‘n Stilbaai vuurtjie saam met goeie vriende.

Tel: 028 754 1658 / 082 552 9839