LANGNEKSTORIES

Jeugdag die 16de Junie was ‘n ware oplossing vir baie probleme in hierdie land.

Werkloosheid soos elders in die land is hier ook maar ‘n groot probleem, maar na jeugdag is onmiddelik begin om opleidingssentrums op te rig en as ons vining beweeg kan ons binnekort grade begin uitreik.

Na die parlementsitting het Marilyn van Strich opdrag van die Baron gekry om haar suster Stripper von Strich te kontak. Sy woon nog op Woudshoorn maar hulle het haar ‘n pos by een van die opleidingssentrums aangebied want “strippers” gaan nou oral by die tronke in aanvraag wees.

Shaky Strich die Jailbird van ROAR is nou baie opgewonde want dit kan nogal baie eensaam raak in die tronk en dan het hy darem iets om na uit te sien oor naweke en dis nie meer net golf speel nie, maar ook georganiseerde “stripshows”.

Die President en Slakkie kan nie uitgepraat raak dat daar nooit voorheen iemand was wat so flink kon dink nie. Soveel werksgeleenthede en soveel afleiding kan nou aan die tronkvoëls verskaf word.

Jeugdag het nou waarlik vir baie iets beteken. Wonder wat sal volgende jaar tydens jeugdag uitspring.

“Never a dull moment”.
Die vere gaan val.
Groete van huis tot huis,
Vollie Volstruis.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply