BRIEF AAN DIE REDAKTEUR

Goeie Môre. U weet seker dat die Toeriste-kantoor geleë is in ‘n gebou wat oor die 200 jaar oud is en omring word met groot inheemse tuine​.

Die blombeddings reg voor die opstal moes nou vernietig word weens amper geen hulp van die munisipaliteit i.v.m. die tuine nie. Hulle verskaf nie meer tuiniers om hier te werk nie (behalwe om die gras te sny) en dit het in ‘n woeste boskasie ontaard en hul was genootsaak om die beddings te verwyder en blykbaar gaan daar nog meer van die beddings vernietig word.

Ek dink Stilbaai inwoners en besoekers moet weet hoe aaklig, verwaarloos en kaal die vooraansig van die opstal nou lyk. Dalk is daar mense wat kan help met fondse of een of ander plan.
Groete
Bekommerde inwoner – Stilbaai

Antw:
– Is die plaaslike Raadslid bewus van die stand van sake en genader ?
– Het die Stilbaai Belangeforum en/of Stilbaai Sakekamer nie dalk voorstelle nie ?
Red.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply