PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Santie Vermaak Albertinia

U huidige beroep?
Eienaar van “Die WindPomp Fontein” Waterwinkel in Albertinia.

Wat motiveer jou?
Die toekoms, ek strewe altyd na ‘n beter môre. En wanneer iemand vir my sê “jy kan nie”.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Mense.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Oh aarde daar is te veel om op te noem… Maar een ding wat wel uitstaan – op ‘n stadium het ek baie fiets gery en ek wou links draai en om een of ander simpel rede het ek met my regterhand/arm probeer wys dat ek links gaan draai. Onnodig om te sê ek het myself hard en duidelik raakgeval.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Mmmm.. dit sal Guy Fieri van Diners, Drive-Ins and Dives wees. Hoekom? Hy het die mees fantasmagoriese werk om rond te gaan en allerhande oulike eetplekke te besoek en natuurlik hulle disse op die proef te stel. Ek is mal oor nuwe dinge te proe en nuwe plekke te ontdek en nuwe mense te ontmoet.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Ek het jare gelede by ‘n bank gewerk. Oorkant die bank was ‘n winkel waarby ek ‘n bottel sousbone gekoop het. Die aand by die huis gekom maak ek met groot afwagting die bottel oop, net om te hoor hoe tsssss dit en sien dit het ‘n laag skuim en ‘n onaardse reuk. Baie vies die volgende dag neem ek dit toe terug. Dit het nie die winkel gehaal nie…my voet het vasgehaak aan ‘n skewe sypaadjie baksteen en ek slaan toe daar neer soos ‘n dooie os. Jy sien net glasstukke en bone trek. Dit het gebeur op die hoek van ‘n baie besige straat gedurende middag ete verkeer. Manne het gefluit en toeters geblaas. So vining as wat ek grond toe is so vinnig was ek weer op, klere reggeskud, glasstukke opgetel en omgedraai en is terug kantoor toe. Het dit nie gewaag om rond te kyk nie. En nooit weer sousbone gekoop nie.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal op ‘n wêreld toer gaan.

Het jy stokperdjies en/of wat is jou belangstellings?
Ek is baie lief daarvoor om inlê werk te doen, konfyte te maak, chillie souse…sommer enige iets wat ingelê kan word te doen. Ek doen ook Afgaanse hekelwerk. Het vir my seun ‘n lappies kombers gemaak en is nou besig met een vir my dogter.

 

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Vis, hoender….en enige iets Italiaans.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
“For traveling to be free”.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Is mal oor fietsry, doen dit ongelukkig net te min. Ek het twee kinders, my dogter Monique 23, werk in China en my seun Rickus 21, studeer en werk in Kenya. Ek is mal oor mense en geniet dit om iets vir iemand te doen. Ek verpes ‘n geskindery.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Ek sê altyd, wees net jouself. Jy het niks om aan enigiemand te bewys behalwe aan jouself nie. Wees altyd vriendelik. En alles wat jy doen, doen dit asof jy dit vir die Here doen.

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Visvang, stap op die strand, kuier saam familie of sommer net chill saam met my man voor die TV.

Kontakbesonderhede: Tel: 076 865 500