KANSA ART FROM THE HEART VEILING OM DIE DRAAI

KANSA sien vanjaar met groot opwinding uit na die jaarlikse KANSA Art From The Heart projek wat weer by die St Augustine kerk op George aangebied word op Vrydag, 6 Oktober. Die publiek word genooi na die geselligheid wat saam met die veiling aangebied word om 19:00 teen R50 per persoon.

Vanjaar het meer as 45 splinternuwe kunstenaars hul ondersteuning aan die projek gegee wat beteken dat KANSA vanjaar tussen 80 en 100 splinternuwe kunswerke beskikbaar gaan stel vir die veiling. KANSA beroep hul jaarlikse op die ondersteuning van plaaslike kunstenaars vanaf Beaufort Wes, die Klein Karoo en Tuinroete Streek om deel van die projek te vorm. Kunstenaars word deur KANSA voorsien van ‘n skilderdoek en word dan die kunsvryheid gebied om enige iets na willekeur te skilder wat weer op KANSA se beurt tydens ‘n spesiale geleentheid opgeveil word. Die spesiale geleentheid vind op 6 Oktober plaas en kaartjiekoste sluit verversings in.

Fondse wat sodoende ingesamel word, word aangebied vir die volhoubare dienslewering aan kankerpasiënte en hul gesinne in die KANSA Suid-Kaap Karoo streek.

Besoekers is meer as welkom om enige tyd op 6 Oktober vanaf 09:00 tot 15:00 die werke te besigtig en daarvolgens word oordeelkundig tyd gebied om ‘n aanbod op hul gunsteling werke te maak. ‘n Dagbesoekersfooi van R10 per persoon word gedurende die dag gehef. Die aandverrigtinge beloop R50 per persoon en begin om 18:00 waartydens die publiek dan aanbiedinge op hul gunsteling skilderye kan maak. Die skilderye word dus tydens die aandverrigtinge betaal en die koper gaan huiswaarts keer met een of meer werke van die Suid-Kaap se beste kunstenaars!
Kaartjies is op Beaufort Wes beskikbaar by Amanda Koen, telefoon 0716354196 of epos akoen@cansa.org.za, Ania Lourens op Oudtshoorn, telefoon of epos alourens@cansa.org .za en op George en die Mosselbaai area, Lucinda Viljoen, telefoon 082 663 3529 of epos lucinda@cansa.org.za.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply