van die Redaksie

Hoekom dink ons vrouens ons moet altyd ‘n antwoord en oplossing vir alles en vir almal hê ?
Terselfdertyd kan dit ‘n bate maar ook ‘n groot las wees.

Gereeld word ons gekonfronteer om “iets” aan ‘n spesifieke situasie te doen.
Dit voel asof almal na jou kyk om die eerste stap te neem … want niemand wil die “bad guy” wees nie.

Dit kom ongetwyfeld van klein tyd af. Ma was mos altyd daar om so die wêreld ‘n beter plek vir almal te maak.
Ma is normaalweg die een wat die kastaaiings uit die vuur krap, wat sorg dat Kersvader nie teleurstel en dat die Tandemuis en Paashaas kos kry en hulle kant bring.
Ma is die een wat ‘n gebroke hart moet troos, die seer moet wegsoen en moet vertroos as boetie en sussie nie die span haal, of nie vir die leerlingraad gekies is nie of ..of..of.

Nou alhoewel jy dalk nie noodwendig een vir konfrontasie is nie, kan jy terselfdertyd ook nie toekyk as ‘n situasie handuit ruk nie.
Vroue wat die moed van hul oortuiging het om op te staan en nee te sê vir wat verkeerd is, is ‘n inspirasie vir ander..
Iemand wat die verandering is wat jy graag in die wêreld sal wil sien.
So ‘n persoon is iemand na wie almal met liefde en respek opkyk.

As dit dus beteken jy moet opkom vir reg en regverdigheid, maak nie saak hoe moeilik, doen dit net.

“Let Go and let God”.

Julie Retief

editor@hessequanews.co.za | 082 412 3000

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply