LENTE REEKS KORPORATIEWE AVONTUUR GHOLF NOOI SPELERS UIT

Die eerste Lente Reeks Korporatiewe Avontuur Gholftoernooi, aangebied deur die KANSA Relay For Life Mosselbaai, in samewerking met Hartenbos Seefront en ATKV Hartenbos, was baie geslaagd.

Sowat vyf spanne het reeds ingeskryf en hulself gate uit geniet! Besigheidsspanne van onder meer FNB Langeberg Mall en Seesig Motors het hul verskyning gemaak in prettige uitrustings en hierdie nuwe en eerste reeks van sy soort, gaan beslis nog bo verwagting groei. Natuurlik was die geleentheid ook goed ondersteun deur die publiek!

Die goeie nuus is dat deelnemende spanne hoegenaamd nie bekommerd moet wees dat hul gepenaliseer word as hulle nie elke liga wedstryd bywoon nie. Die puntestelsel word so uitgewerk dat elke deelnemende span ‘n regverdige kans staan om te wen.
Kostes beloop R25 per persoon en familielede is welkom teen R15 per persoon. Wedstryddatums is 21 September, 28 September, 12 Oktober, 19 Oktober, 26 Oktober en 2 November.

Enige individu of besigheid kan deelneem en spanne bestaan uit vier persone. Die finale word op 2 November gespeel en die wenspan sal ‘n wisseltrofee ontvang vir hierdie jaarlikse gebeurlikheid.

Die Lente Reeks Korporatiewe Avontuur Gholf uitdaag is ‘n fondsinsamelingsprojek vir die Relay For Life wat op 4 November in die ATKV Pretpark by Hartenbos Seefront aangebied word. Reeds gedurende Oktobermaand sal die publiek merk dat Hartenbos Seefront stelselmatig in pers gehul word, ter bewusmaking vir kanker in die algemeen. Verskeie inkopie-winkels in die Sentrum sal ook spesiale aanbiedinge vir die maand hĂȘ. Op 3 November is dit Purple Friday by Hartenbos Seefront en om 18:00 vind die Purple Friday Walk vir die hele gesin by die Hartenbos Seefront plaas. Op Saterdagoggend begin die baie vol program vir die CANSA Relay For Life Mossel Bay reeds om 12:00 met ‘n Put Put kompetisie, gevolg deur die Bark For Life vir ons honde-kinders, ‘n skopfietskompetisie vir die kleuters, ‘n Spinning kompetisie by Wellness World en dan die amptelike opening van die Relay om 18:00.

Spanne word aangemoedig om nou reeds in te skryf vir die jaarlikse Relay.
Vir meer inligting, kontak Denise Lloyd by
084 444 5873 of-
epos by delloyd@mweb.co.za.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply