SHADES OF PINK BORSKANKERSTAP!

Die jaarlikse KANSA Borskankerstap het vanjaar ‘n tema wat werklik skakerings vermaak vir die deelnemers skep. Die tema vir vanjaar se borskankerstap is “Shades of Pink”. Die borskankerstap vind ouder gewoonte weer by Langeberg Mall plaas, hierdie keer op Woensdag, 11 Oktober.

“Ons begin eers om 18:00 alhoewel ons reeds vanaf 17:00 beskikbaar sal wees vir inskrywings. Die tydsbepaling maak dit moontlik vir alle deelnemers om eers hul werksdag af te sluit en daarna rustig hul tekkies aan te trek en saam te stap.”

Vooraf-inskrywings kan reeds gedoen word. Skakel Lucinda by 082 66 33 529 of epos by lucinda@cansa.org.za. Begin jou kuite op ‘n krul trek en jou lyfie wikkel! Hier kom ‘n ding! Dis KANSA Borskankerstap op Woensdag, 11 Oktober om 18:00 by die Langeberg Mall!
Almal kan deelneem en dit is die ideale geleentheid vir besighede en organisasies om hul ondersteuning te wys en bietjie span te bou. Die sowat 5km roete is maklik en toeganklik vir alle deelnemers! Die sirkelroete word twee keer geloop (om die Mall. Diegene wat graag reeds per epos wil registreer, kan vir Lucinda Viljoen epos by lucinda@cansa.org.za. Die verrigtinge gaan om sowat 19:30 afgehandel wees. Kostes beloop R40 per volwassene en R15 vir kinders onder 15 jaar.

Enige organisasies of besighede wat graag van hierdie geleentheid gebruik wil maak vir bemarkingsdoeleindes, kan Lucinda skakel.
082 66 33 529

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply