GELEENTHEIDKSKALENDER – EVENTS CALENDAR

Hiermee my 1ste poging om al die geleenthede en aktiwiteite wat in en om Stilbaai plaasvind, weer op ‘n gereelde basis elektronies beskikbaar te stel aan soveel as moontlik mense. Indien u bewus is van enige aktiwiteite wat nie hierop verskyn nie of waarvan die besonderhede verskil, stuur asseblief die korrekte besonderhede dringend aan my by stilbaaikalender@gmail.com.

Graag versoek ek hiermee alle skole, groepe, instansies om besonderhede van hulle beplande aktiwiteite aan my deur te stuur. Die gemeenskap kan slegs u aktiwiteite ondersteun indien hulle bewus is daarvan.

Herewith my 1st attempt to make all the events and activities in and around Stilbaai electronically available to as many people as possible. If you know of any activities that do not appear on this calendar, or any detail that may differ, please send the correct detail urgently to me at stilbaaikalender@gmail.com

I would like to request all schools, groups, institutions to send me details of their planned activities. The community can only support your activities if they are aware of it.

Groete/Greetings
Dries de Beer

VERSTRYKTE VUURWAPENLISENSIE

“Ek besit ‘n vuurwapen wat nog altyd geldig gelisensieer was. Ek was vir ‘n paar maande in die buiteland met werksverpligtinge en kon dus nie my lisensie voor die Junie-vervaldatum hernu nie. Met my terugkeer in die land het die polisie vir my gesê dat, omdat my lisensie nie betyds hernu is nie, dit nou ongeldig is en my besit van die vuurwapen ook onwettig is. Is dit werklik die geval? Sekerlik het ek ‘n geldige verskoning hoekom ek my lisensie nie kon hernu nie?”

Die hernuwing van vuurwapenlisensies word beheer deur artikel 24 van die Wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 (“die Wet”), wat bepaal dat die houer van ‘n vuurwapenlisensie wat sy lisensie wil hernu, minstens 90 dae voor die vervaldatum daarvan aansoek moet doen by die Registrateur van Vuurwapens (“die Registrateur”) vir sodanige hernuwing. In ‘n onlangse Hooggeregshof-uitspraak is die grondwetlikheid van artikels 24 en 28 wat handel oor die beëindiging van ‘n vuurwapenlisensie, bevraagteken.

Daar is in die hof voorgehou dat hierdie artikels verwarring skep vir vuurwapeneienaars rondom hul verpligtinge ingevolg die Wet, want sou ‘n persoon nie aansoek gedoen het om hernuwing van sy vuurwapenlisensie nie en die 90 dae periode verval, is daar geen manier wat hy sy vuuwapenlisensie kan hernu óf aansoek doen om sodanige hernuwing nie, en dus in onwettige besit van die vuurwapen verkeer met geen uitweg om die situasie reg te stel nie. Daarbenewens, alhoewel artikel 28 van die Wet voorsiening maak vir, onder andere, prosedures vir die kansellasie van ‘n vuurwapenlisensie asook vir ‘n verklaring deur die Registrateur of ‘n hof dat die houer van ‘n vuurwapen ongeskik is om so ‘n lisensie te besit, skep die artikel nie enige proses wat vuurwapeneienaars wie se lisensies weens die verloop van tyd beëndig is, kan volg nie. Dit bied ook geen duidelikheid oor hoe en waar sodanige persone hulle vuurwapen moet inhandig, sou hul lisensie weens sodanige verstryking, nou ongeldig wees nie.

Eweneens, word vereis dat ‘n persoon wat ongeskik verklaar is om ‘n vuurwapen te besit, 30 dae geskrewe kennis kry van sodanige verklaring en oogmerk om hul vuurwapenlisensie ongeldig te verklaar, en kan so ‘n persoon redes aanbied waarom hul lisensie nié ongeldig verklaar behoort te word nie. Daar is egter geen soortgelyke bepaling in die Wet vir die houer van ‘n vuurwapenlisensie wie se lisensie weens tydverloop verstryk het nie, ten spyte van die feit dat daar geldige redes kan bestaan vir die versuim om die lisensie te hernu.

In die afwesigheid van behoorlike prosedures vir die hernuwing van vuurwapenlisensies, het die hof artikels 24 en 28 ongrondwetlik verklaar en opdrag gegee dat die Parlement die Wet binne 18 maande moet wysig om dié leemte aan te spreek. In die tussentyd het die hof gelas dat alle vuurwapens uitgereik in terme van die Wet, wat hernu moet of moes word, as geldig geag word. Dié bevel is tans opgeskort hangende die Konstitusionele Hof se bevestiging oor die grondwetlikheid aldan nie van die bepaalde artikels.

Teen dié agtergrond beteken dit dat daar ‘n goeie kans is dat jou lisensie se verval ongeldig is en sal ons jou aanraai om in die lig van hierdie hofsaak jou prokureur te vra vir bystand met die bewoording van die nodige korrespondensie aan die Registrateur waarin jy jou redes vir die versuim om jou lisensie te hernu, uiteensit.

Hessequa Municipality News

Op 1 September het Alette Johanni Winckler by ‘n Damesoggend by Kweekkraal opgetree.

Aangesien Sekretaressedag die 6de September was, het die Munisipale Bestuurder en Direkteure besluit om hulle sekretaresses op so ‘n wyse te bederf. Raadslede Joubert en Jakobs het dit geÏnisieer.