Archive for October, 2017

BLOUVLAGSTRANDE VIR HESSEQUA

Vakansiegangers kan hierdie somervakansie kies en keur uit ses verskillende blouvlagstrande in die Hessequa-streek. Blouvlag-status beteken dat strande skoon en veilig is en voldoen aan internasionale veiligheids- en toerismestandaarde. Blouvlag-status is ʼn lokmiddel vir toerisme, aangesien internasionale besoekers weet wat om te verwag wanneer hulle só strand besoek. 62 Blou Vlae sal hierdie feesseisoen op 44 strande wapper in Suid-Afrika.

Hessequa Munisipaliteit spog met drie volstatus en drie loodsstatus blouvlag strande.

Lappiesbaai en Preekstoel te Stilbaai en Witsand het volle blouvlag-status verwerf en het Gouritsmond, Jongensfontein en Stilbaai-Wes loodsstatus ontvang.

Gouritsmond het nie volstatus ontvang nie as gevolg van watermonster wat geneem was tydens rooigety. 95% van watermonsters moet voldoen aan die SABS standaarde en het Gouritsmond 94% status ontvang. Hessequa Munisipaliteit het onmiddellik aansoek gedoen vir loodsstatus vir Gouritsmond.

Tegniese Direkteur Lindile Zincume en Hoof van Parke, Andre Hansen het die blouvlagseremonie te Jeffreysbaai op 4 Oktober 2017 bygewoon.

Die Blouvlagprogram word gekoördineer deur WESSA (Wildlife and Environment Society of South Africa) in vennootskap met die Departement Omgewingsake en Toerisme.

‘n Onafhanklike internasionale paneel is verantwoordelik vir die evaluering en aanwysings van blouvlagstrande aan munisipaliteite wat deelneem aan die program.

Plaaslike munisipaliteite se rol is om strande aan die streng vereistes van die Blouvlagprogram te laat voldoen.
WESSA se vier hoof vereistes:

Kwaliteit van water
Omgewingsopvoeding en inligting
Omgewingsbestuur
Veiligheid & Diensteverskaffing

 

Die blouvlag seisoen sal strek van 07 Desember 2017 tot 14 Januarie 2018 en sal lewensredders aan diens wees op die strande.

van die Redaksie

Jaloesie binne ‘n verhouding of huwelik is baie sleg want sonder vertroue kan geen vriendskap, verhouding of huwelik oorleef nie.

As jou maat jaloers is gaan dit NIE oor jou nie, dis die een wat jaloers is, wat die probleem het.
Jaloesie laat ‘n mens in jouself twyfel … is ek mooi en goed genoeg, is ek te vet, te maer, te dom of te arm .

Oormatige jaloesie is ‘n simptoom van ander ernstiger onderliggende probleme.
Wanneer iemand obsessief raak of wanneer jou metgesel jou met ‘n valkoog begin dophou, agtervolg, dreig en jou van vriende en familie wil vervreem is dit lankal tyd !!

Tyd om weg te breek voor dit te laat is en dinge geweldadig raak.
Dit sal NIE beter gaan of verander nie.
Om te bly sal jou lewe in ‘n lewende hel omskep, met nagevolge wat niks of niemand sal spaar of ontsien nie.

Jy hoef net die radio aan te skakel of ‘n koerant oop te maak om die realiteit van jaloesie te besef.
Ek ken iemand wat meer as eenkeer in so ‘n huwelik en verhoudings betrokke was en eending is seker, die tekens en patroon was elke keer dieselfde.

Nou hoe beland jy weer en weer in dieselfde posisie ?
Deur nie ons instink te vertrou en te volg nie. Daarby is ons te geneig om elke keer vir ons maat se onaanvaarbare gedrag verskoning te maak.

Moet nie glo dat jaloesie ‘n teken van liefde is nie … dit is NIE !!

Volg jou instink en neem die dapper besluit … volgende keer mag te laat wees !

 

Julie Retief

082 412 3000

editor@hessequanews.co.za

MOSSEL BAY WHEELS GATHERING 2017

Due to popular demand from both vehicle owners & visitors alike, it gives me great pleasure to announce the second official Mossel Bay Wheels Gathering to be hosted in Mossel Bay on the 16th Dec.2017.

I am very happy to announce too, that a sponsor in the form of Ravenol Oil SA, has come on board in order to lighten the financial burden in organising this event. The Managing Director of Ravenol Oil SA, Mr Freddi Stafford, will also be present on the day.

Not to be confused with car shows per sé as hosted in neighbouring towns such as George & Knysna, MBWG is an informal gathering of people with unusual/rare and special vehicles.

A gathering for the enthusiast – people that are crazy about anything with wheels, regardless of age, model, make, condition or value…So-called petrol heads!

From classic & vintage cars to beach buggies, motorcycles and the younger generations’ customised sedans. An odd vintage tractor or two can even be expected…

The format of this gathering will be as follows:
It is an informal gathering of owners with out-of-the-ordinary / rare / special vehicles on static display. Any such vehicle owner is welcome to enter & attend.

No entry fees are charged for either private entrant or visitor to this gathering. However, donations to a charitable organisation, are accepted. A marked box for this purpose will be at the registration gazebo.

An added new feature of this gathering will be Stalls selling vehicle related products only. Interested parties should contact the organizer a.s.a.p.

Attendance Certificates will be handed out to every entrant on the day, along with some sponsored items.

No open fires or ‘braai’ equipment will be allowed into the Park area for obvious safety reasons.

Due to the fact that the park has no trees or shading, entrants are encouraged to bring along sun umbrellas, gazebos & camping chairs.

Although close to the malls amenities, portable toilets will be provided for the event.

Two floating trophies & five other trophies to be awarded at end of the event as well as beautiful prizes in lucky draws & main raffle draw.

Timely registration is compulsory due to increasing interest, the adding of stalls & limited space.

Venue:
The open, banked Municipal Park across the way from Mossel Baai Mall. (Cnr. Melkhout & Seder Streets, Heiderand.)
Very central. Walking distance to dining places, steakhouses, take-away café’s, ATM’s, supermarket, liquor outlets, hardware store and for refueling at the local Shell Service Station.

Date: Saturday 16th December 2017. D.V.
Times: Gates open by 06h30. Vehicles to be in place by latest 08h30 please. Premises cleared again by no later than 17h00.
Prize giving ceremony, lucky draws & raffle draw at 15h00 sharp.

Dirk J. van der Merwe
Tel. 011 – 892 1129. O/Hours.
Mobile 084 774 7300.
Email dirk.dirxworx@telkomsa.net
(The Gremlin)

WATERBEPERKINGS VIR HESSEQUA / WATER RESTRTICTION FOR HESSEQUA

VLAK 1 WATERBEPERKINGS VIR HESSEQUA

1 September 2017 geïmplementeer en word gereguleer in terme van die Water Verorderings:

Die natmaak van tuine word slegs vanaf 16h00 tot 18h00 toegelaat.
Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.
Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).
Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.

Hoe om aansoek te doen vir vrystelling of afwyking van bepaalde tuin natmaak ure:

1) Rig ʼn brief aan die Tegniese Departement te Riversdal of e-pos lizet@hessequa.gov.za

2) Die brief moet die volgende inligting bevat:
– Fisiese Adres van woning
– Rede vir afwyking van tye
– Tyd waarbinne die afwyking van tuin natmaak val bv. 18:00 – 20:00

Suksesvolle aansoekers sal ʼn goedkeuringsbrief ontvang vanaf die munisipaliteit en dien die brief as ʼn bewys en moet dit op ʼn veilige plek bewaar word.

HET JY GEWEET? Deur gebruik te maak van ʼn emmer om voertuie te was, bespaar jy meer as 300 liter water per was.

STAGE 1 WATER RESTRTICTION FOR HESSEQUA

Implemented from 1 September 2017 and will be regulated in terms of the Water & Sanitation Bylaw

Gardens may only be watered between 16h00 – 18h00.
Sprayers may be used, but water hoses may not be used without supervision.
Hosing down of paving and cement surfaces are not permitted.
Washing of vehicles/boats/caravans will be allowed by means of a bucket.

How to apply for deviation on stipulated watering hours?

1) Write a letter to the Technical Department or email lizet@hessequa.gov.za

2) The letter must contain the following information:
– Physical address
– Reason for deviation
– 2 Hour timeframe for the watering of your garden

Approved applications will receive a confirmation letter from the municipality stating the confirmed watering time. Please keep this letter save as it will serve as a proof of authorisation.

DID YOUR KNOW? Using a bucket of water to wash your car without a hosepipe, will save more than 300 litres with each wash.

VANDALISME IN HESSEQUA NEEM TOE

Vandalisme, plundery en diefstal by speelparke, begraafplase en openbare geriewe is ʼn ernstige probleem in die Hessequa-streek. Hessequa munisipaliteit en Raad neem standpunt in en sal nie meer vandalisme teen munisipale bates en veral in begraafplase duld nie.

Hessequa wetstoepassers patrolleer gereeld begraafplase om persone wat doelloos vertoef aan te spreek. Die toename in vandalisme by begraafplaas asook speelparke en sportgronde is kommerwekkend en word die gemeenskap aangemoedig om verklarings van vandalisme in te handig by die Raad / Munisipaliteit.

Direkteur van Tegniese Dienste, Mnr L Zincume is opdrag gegee om ʼn strategie van “voorkoming van vandalisme plundery en diefstal” per wyk te verkry en aan die Raad voor te lê vir oorweging en goedkeuring.

Agendapunte sal by Polisiëring Forums asook Buurtwag vergaderings geplaas word.

Bewusmakingsvergaderings met die gemeenskappe sal gehou word tydens Burgemeesters Uitreike om die gemeenskap in te lig rakende die uitdagings van vandalisme.

Munisipale Bestuurder, Johan Jacobs noem dat die sinlose vandalisering van enige openbare bate soos verkeerstekens, substasies, ablusiegeriewe, openbare parke, (wat insluit begraafplase) is ‘n groot kommer want die herstelwerk plaas ‘n onnodige las op die belastingbetaler terwyl die fondse eerder aangewend kon word om verdere fasiliteite aan te bring, eerder as herstelwerke. ‘n Beroep word op alle lede van die publiek gedoen om vandalisme te rapporteer en wenke wat lei tot skuldigbevinding van die oortreders kan beloon word.

Hessequa Munisipaliteit doen ‘n beroep op die gemeenskap om asseblief te help met die uitwissing van diefstal, plundery en vandalisme.

Die publiek kan die skakelbord nommer by 028 713 8000 skakel, of ʼn e-pos rig aan info@hessequa.gov.za. ‘n Lid van die publiek moet hul naam en kontakbesonderhede verskaf en hulle getuienis mag nodig wees vir die suksesvolle skuldigbevinding. Die identiteit van die inligtingverskaffer sal beskerm word.

SUKKEL JY OM JOU MUNISIPALE DIENSTEREKENING TE BETAAL … omdat dit nie via pos ontvang is nie?

Registreer om jou diensterekening per e-pos te ontvang. Jou munisipale diensstate sal maandeliks direk aan jou persoonlike e-pos gestuur word.

Hoe om te registreer om jou rekening elektroniese te ontvang?

1) Telefonies (028) 713 8045

2) Per e-pos gerig aan:
joanne@hessequa.gov.za / info@hessequa.gov.za

3) Skriftelik gerig aan Die Munisipale Bestuurder, Posbus 29, Riversdal, 6670

4) Enige munisipale kantoor in die Hessequa-streek

Besonderhede benodig vir registrasie:
– Munisipale diensterekening nommer
– Identiteit Dokument nommer (ID)
– Werkende e-pos adres

Hessequa Munisipaliteit stuur tans meer as 17 000 rekeninge per maand uit, waarvan 11 211 via pos en 5 858 elektronies uitgestuur word.

Indien jy registreer om jou rekening elektronies te ontvang, kan ʼn faktuur binne 72 uur na die heffingsdatum aan die rekeninghouer gestuur word.

Hoe werk dit as jou rekening via pos gestuur word?

Hessequa Munisipaliteit stuur voor of op die laaste dag van die maand die rekening besonderhede aan die diensverskaffer wat verantwoordelik is vir die druk van die rekeninge. Die drukkers is verantwoordelik om binne sewe dae die rekeninge te druk en te pos. Ongelukkig het die munisipaliteit of diensverskaffer geen beheer oor die werksaamhede van die SA Poskantoor nie. Kliënte word aangemoedig om te registreer vir elektroniese diensterekeninge en sodoende die groen inisiatief van die munisipaliteit ook te ondersteun.

Oordenking   Glo in God se beloftes

Ds Peet Coetzee – Gereformeerde Kerk Stilbaai (Reservoirstraat)

Lees : Numeri 13
Fokusvers : Numeri 13: 27-31

Het u al gedink of gesȇ: Die magte wat ons bedreig is te veel, te groot, te magtig? Ons kan nie weerstand bied nie. Wat help dit tog om te probeer? Numeri 13 leer ons ‘n baie belangrike saak. Israel trek uit Egipte na 400 jaar. Voor hulle is die beloofde land, nog net ‘n laasste kraginspanning en dan kom rus. Moses stuur twaalf verspieders uit om die land te verken. Hulle doen goeie werk en hulle verslag is positief wat die land aanbetref. Goeie land, loop oor van melk en heuning, vrugte is verstommend. Daar is egter een probleem – die volk wat reeds daar woon is sterk en die stede baie versterk. Hulle het selfs reuse, die kinders van die Enakiete gesien.

Tot sover is die verslag eenparig, die feite is korrek. As hulle egter by die aanbevelings kom, gaan die paaie uiteen. Tien verspieders wys hulle kleingeloof. Hulle het te groot geskrik vir die mense en die reuse. Hulle hou dit nie vir hulleself nie, maar vertel dit vir die volk. Die storie word al hoe erger sodat die reuse so groot is dat hulle soos sprinkane in hulle oë was. Dit is die taal van kleingeloof en ongeloof wat die HERE nie raaksien nie en nie op sy beloftes vertrou nie.

Teenoor die tien is daar twee, Josua en Kaleb wat anders praat. Hulle verskil nie oor die feite nie, maar hulle glo!! Hulle glo in die Here se beloftes dat Hy vir hulle die land beloof het en Hy hulle sal help om dit in besit te neem. Daarom hulle aanbeveling: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kan dit doen.” Wat was die fout? Die meerderheid vergelyk hulleself met die geoefende soldate, die versterkte stede en die reuse, maar Josua en Kaleb vergelyk dit alles met die HERE. In die oë van die HERE is die soldate, die versterkte stede en die reuse soos ‘n stoffie, ‘n nietigheid.

Wat ‘n tragiese verhaal. Die volk vergeet die magtige dade van die HERE in Egipte met die tien plae, hulle vergeet die wonder van die Rooisee – en die gevolg – veertig jaar rondswerwe tot al die volwassenes gesterf het, behalwe Josua en Kaleb. Na veertig jaar trek hulle Kanaan binne, Jerigo se mure tuimel om, die een stad na die ander val. Die HERE stry vir sy volk.

Wat leer dit vir ons? Ons is nie blind vir die realiteite van die dag nie. Ons sien die reuse probleme, groot bedreigings, ons sien Satan aan die werk., maar ons vergelyk dit alles nie met ons (klein nietige mense) nie, maar met God. As ons al die probleme met God vergelyk, is selfs die grootste probleem in my persoonlike lewe nietig en klein. Waarom dan twyfel, waarom moedeloos raak? In en deur Jesus Christus is ons doelgerig op pad na die beloofde land, die beloofde erfenis, die ewige lewe met God.