My selfoon, lafenis vir my lot
en die sleutel vir my siel se slot
so versot op jou, sal voor jou swig,
soek jou konstant teen my gesig
net oë vir jou, ander kom laaste;
kom woon tussen my en my naaste
moet my “status” op “whatsapp update”, “add friends” op “facebook” my saligheid
“change” my “profile pic” wéér, min gespin wag die “likes and comments” sommer in
ek wil “afshow” en my “selfie share”,
waar ek tuitmond tussen vuil wasgoed lê
sluimer in, maar wil my oë nie sluit
en voel hoe jy hier langs my “vibrate“
ek baklei teen vaak, “battery low;
ag, gee my maar net ‘n “charger” gou…
Deur: Bernard Fielies 072 271 9205