PERSONALITY OF THE WEEK – Salomi Prinsloo

What is your current occupation?
I am an artist, living and working in Pretoria who regularly retreat to Stilbaai for inspiration as well as to nurture my artist’s soul.

What motivates you?
Growing up on a farm in the Orange Free State had a huge impact on my personal development, my value system and the development of my artwork. My passion for, and respect of life which I learned at a very early age on the farm still motivates me to this day.

Name one thing that always peaks your interest.
I love to learn something new and to visit new places. If I could, I would have been a professional tourist, traveling the world most of the time.

What is the stupidest thing you’ve ever done?
Embarking, by mistake on a black diamond ski slope, with only 15 min of ski training as a very young art student, visiting the Alps for the first time.

What “useless” talent do you have that nobody knows about?
I can bake the most delicious sourdough bread and old fashioned boerbeskuit.

If you could take over one person’s job for a week, who’s would it be and why?
I would love to run a resort on a beautiful island surrounded by competent staff, in peaceful and tranquil surroundings. I would like to bask in the peaceful, stylish and tranquil surroundings.

If you won a Million, how would you spend it?
I would make sure I have enough for my families needs and to sustain my own current lifestyle then spend the rest on missionary work and relief aid.

What are your hobbies and interests?
I am fascinated by recent research on the impact of a healthy lifestyle and nutrition on longevity and wellness. I am amazed at how much we can change if we accept responsibility for our health and implement different choices.

What is your favourite restaurant and meal?
My favourite restaurant is Capeesh, an Italian restaurant in Pretoria who serves the most delicious roasted salmon on a bed of rocket. I love Italian food, especially the socialising aspect, accompanying their meal times to provide a time of intimate connection for family and friends.

If you had one wish from a “genie” what would you wish for?
I would wish for poverty and all forms of violence to be eradicated from the face of the world.

Tell us some interesting facts about yourself.
I love to connect with people, and often do, however I also desperately need times of privacy to connect with myself, recharge, and find my artistic purposes and expression. I can not do this when I am surrounded by people.

What is your message to the Community of Hessequa?
Do not allow anyone to define you, except your Maker. Also do not let circumstances define you, instead choose your attitude and let your attitude define the outcome of your circumstances.

Salomi Prinsloo
082 878 0441

KOM KYK EERS KUNS EN VIER DAN VERDER FEES!

In die uitstalling getiteld: “La Vie” stel Salomi Prinsloo haarself bekend aan die inwoners en vakansiegangers van haar geliefde wegbreek-tuiste: Stilbaai.

Met verskeie internassionale uitstallings o.a.die Florence Biennale in Italië, ander in Brittanje en Nieu-See land, asook gereelde plaaslike uitstallings by verskeie galerye het Salomi reeds haar voetspore wyd en vêr in die kunswêreld getrap. In hierdie uitstalling “La Vie” deel sy haar aansteeklike en uitbundige passie vir die lewe deur visuele kommentaar te lewer op veelvuldige fasettte van lewe soos uitgebeeld in haar landskappe, abstrakte werke as ook haar blommestudies.

“Kom kyk eers kuns, en vier dan verder fees” nooi sy almal wat haar wêreld van kleurspatsels en speelse vorme wil betree om so saam met haar fees te vier. Binne die raamwerk van elke skildery se doek gebeur daar ‘n droomwêreld waar elke toeskouer sy eie storie kan kom uitleef of verweef op ‘n visuele verhoog, geskep deur Salomi se kleurvolle, soms uitbundige weergawe van die lewe en die wêreld om haar.

Die uitstalling open Vrydag 15 Desember om 19.00 te Heidelaan 10, Stilbaai en duur tot 23 Desember 2017 om 14.00. Saterdag 16 Desember om 11.30 sal die kunstenaar toeskouers deur die uitstalling neem met ‘n praatjie oor haar werk en die betekenis daarvan. Die uitstalling kan daagliks besoek word vanaf 10.30 tot 19.30. Belangstellendes kan Salomi kontak op 0828780441 vir meer inligting, of ‘n epos stuur na salomiprinsloo@gmail.com. Besoek gerus Salomi se webtuiste: www.salomiprinsloo.com vir meer inligting omtrent Salomi, haar kunswerk, haar motifering en kunsfilosofie.

 

VREDESTAFEL STILBAAI 2017

Na die baie suksesvolle aanbiedings van die Tafel van Vrede die afgelope twee jaar, is dit weer sulke tyd en is die moue opgerol deur die personeel van Ouma Lena se Huis,Badisa, die plaaslike polisie, plaaslike kerke en die gemeenskap van Stilbaai om ‘n nog groter Langtafel aan te bied. Verlede jaar het 1300 Stilbaaiers en besoekers hande gevat vir die seengebed voor die ete en die vermaak van daardie aand.

Hierdie jaar op Donderdagaand 30 November om 19h00 gaan Rooipitjiestraat weer lewe kry wanneer daar fees gevier gaan word in die atmosfeer van hande vat vir vrede met kos,vermaak uit die boonste rakke en bekende sprekers.

Die munisipaliteit is genader vir toestemming om strate toe te maak en vir praktiese hulp met stoele en tafels asook ander logistieke take, borge is nadergewink, die dienstesentrums en gemeenskap is opgeroep vir diens en die kaartjies verkoop flink.

Die vraag op almal se lippe is: “Hoeveel mense gaan hierdie jaar saam kuier?” Kom ons se sommer al klaar: “Baie, man, Baie!

Soos voorheen is daar weer bekendes wat saamwerk as motiveringsprekers en musiekmakers wat gaan sorg dat die aand ‘n luisterryke belewenis gaan wees.

Die hoofspreker wat ‘n besondere boodskap aan Stilbaai se gemeenskap gaan oordra, is Anthony Hall, stigter van RAEL – House of Davnik Safe and Sober Living. Hall wat self, die pad gestap het van gerekende speurder van die Dwelmtaakspan van die SAPS se Moord en Roofafdeling, tot suksesvolle sakeman tot die sit op ‘n bankie in die park as gevolg van erge alkoholgebruik.

Hy stig in September2007, saam met medestigterslid, Karin Hall, die bogenoemde organisasie en is die afgelope tien jaar betrokke in die stryd teen drank-en dwelmverslawing. Hall is ‘n gerespekteerde en gesogte motiveringspreker en het al op verskeie media-en radiostasies opgetree.

‘n Verrassing is die gaskunstenaar van die aand by die funksie en wat ook die Vrydagaand ‘n aanbieding van sy liedjies, musiek en sy “die pad geloop” sal lewer. Niemand anders as Hemelbesem (Simon Witbooi), bekende liedjieskrywer, sanger, aanbieder (Pasella) en vervaardiger van TV-programme en gemeenskapswerker nie.

Die Tafel vir Vrede vind Donderdagaand, 30 November om 19h00 in Rooipitjiestraat plaas. Die kaartjies kos R20 pp.

Hemelbesem se konsert vind Vrydagaand 1 Desember om 19h00 op die sportgronde in Melkhoutfontein plaas. Die koste per kaartjie is R20 pp.

Ouma Lena se Huis en haar span nooi u vriendelik uit na hierdie twee fuennksies ten bate van Ouma Lena se Huis se gemeenskapsontwikkelingsprogramme. Daar gaan fees gevier word, lekker geeet en musiek gemaak word. Dit alles oor grense van kleur, status en ouderdom. Waar daar ‘n samesnoer van die gemeenskap sal wees, ‘n stywe handdruk met die seengebede wat die funksies sal open. Irma Huysamer

BESIGHEIDS FOKUS – Frans Kloofmotors – Insleepdiens

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf: ‘n Insleepdiens met ‘n splinternuwe funksionele insleepwa wat aan veiligheidsregulasies voldoen. Kloof Motors is u antwood vir elke dag se motor probleme en die oplossing vir ‘n krisis met u motor.

Wanneer het u die besigheid begin?
Ek het Kloof Motors drie jaar gelede begin, was nog altyd deel van Kloof Motors en is vanaf 1 Augustus 2017 weer alleen eienaar.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Ek kan hard werk, is ‘n goeie motorwerktuigkundige wat sukses wil ervaar. Ek glo ek kan ‘n diens lewer aan Stilbaai se mense.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Kloof Motors is vir almal, ek is ‘n Stilbaaier van geboorte, en lief vir Stilbaai se mense. My diens is vir alle besoekers, vakansiegangers en bowenal vir alle Stilbaaiers.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Uitstekende insleepdiens en herstelwerk ….altyd met ‘n glimlag !

Watter voordeel het u bo u mededingers?
My mededingers is ‘n aansporing om altyd te probeer om ‘n nog beter diens te lewer. Die beste diens wat kliënte weer en weer sal laat terugkom en hulle nie sal laat huiwer om my by ander aan te beveel nie.
Persoonlikehoogtepunte /suksesse /prestasies.
Kloof Motors is my hoogtepunt en tevrede kliënte my aansporing tot sukses.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Ek is ‘n Stilbaaier en glo aan eerlike, goeie gehalte en vriendelike diens.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat ……………..ek sukses kan ervaar deur eerlikheid, harde werk en om daar te wees as Staailbaai en sy mense my nodig het.”

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied …..’n 24/7 insleepdiens met ‘n splinternuwe funksionele sleepwa en hoë gehalte motor herstelwerk. .”

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Daar is plek vir almal in Stilbaai, kom ons gun mekaar ‘n plek in die Stilbaai-son.

Frans (Kloof Motors – 24/7 Towing & Recovery)
060 477 8499 / 073 457 8453

 

 

 

SKENKINGS GEVRA Laerskool Melkhoutfontein se Leesprogram

‘n Groep vrywilligers uit Melkhoutfontein en Stilbaai is noual ongeveer twee maande met ‘n wonderlike leesprogram vir kinders in die Laerskool besig.

‘n Wonderlike voorreg het die werkers by Ouma Lena se huis te beurt geval toe hulle ‘n Tina Cowley leeskursus as geskenk ontvang het. ‘n Kursus wat andersins baie duur is om aan te koop.

Die kursus is wetenskaplik uitgewerk, om kinders wat sukkel, te leer lees. Dit is ‘n “franchise” bekend aan 110 skole landwyd en nou ook gratis tot die beskikking van die kinders van Melkhoutfontein. ‘n Geleentheid om deur vrywillige Tannies wat elke dag van die week daarheen gaan en tyd afstaan om die kindertjies hierdie vaardigheid te leer. Dit vind onder die beskerming van Badisa plaas, en die vrywilligers gebruik die fasiliteite van Ouma Lena se huis.

In samewerking met die Laerskool is ‘n klompie kinders wat met leesvaardighede sukkel, geïdentifiseer.

Die meeste van die kinders het agtergeraak met lees en skryf, iewers in die skool, agv verskeie omstandighede en sukkel nou in ‘n hoër graad om die werk onder die knie te kry. Met die groot klasse in die skole is daar nie altyd tyd om diegene wat sukkel te help nie.

Die kursus word gedoen met die hulp van rekenaars en op die oomblik word dié rekenaars wat daar is, gebruik vir ‘n ander rekenaar program waarmee die skool se kinders, ook gehelp word.

Met bogenoemde in gedagte vra hulle nou die gemeenskap en besighede in die omgewing vir hulp en donasies.

Rekenaars of “laptops” in werkende toestand, word benodig om die leesprogram aan te bied.

So as daar persone, besighede en/of instansies is wat ‘n skenking wil maak of wat “ou-rekenaars” het om uit te gooi kontak asb:

Jenny Olivier :
082 565 0979

Annelie van Reenen:
071 671 9651

OORDENKING

Fokusgedeelte : Eksodus 13:13
Skrifgedeelte : Eksodus 13: 1-2 en 11-16
Tema : AL DIE EERSTELINGE BEHOORT AAN DIE HERE

Volgens Eksodus 13 moet elke manlike eersteling aan God gewy word. Hiermee word verwys na Israel se verlossing uit Egipte, toe al die eersgeborenes tydens die tiende plaag gestef het, behalwe die eerstelinge van Israel. So beskryf Eksodus 13 dat die hingsvulletjie van ‘n donkie losgekoop moet word. ‘n Donkie is onrein en kan nie geoffer word nie. As die persoon nie die hingsvulletjie kan loskoop nie, moet sy nek gebreek word. Die donkie behoort aan God en niemand mag die vulletjie gebruik om op te ry of as pakdier gebruik nie. Jy mag nie God se donkie vir jouself gebruik nie. Daarmee word duidelik gestel dat al die eerstelinge aan God behoort. So is Israel geleer om in ALLES eerste aan die HERE te dink, die HERE moet eerste kom in jou hele lewe. Dit is ‘n lewensbeginsel wat vir alle eeue geld.

Wat ‘n oomblik toe die EEN wat ons moes loskoop, op ‘n losgekoopte Jerusalem binne ry! Niemand het nog op die donkie gery nie (Lukas 19:30). Hy was afgesonder vir die Verlosser om te gebruik. Jesus Christus het gekom om al ons sondes te betaal, Hy het sy Gees gestuur om ons nuwe mense te maak en ons voor te berei vir die koms van die Bruidegom. Ons het soveel meer om dankbaar te wees as die volk in die Ou Verbond want die beloftes van die Ou Testament is vervul.

As God eerste in jou lewe is, sal dit in jou kerklike bydrae (tiendes, kollektes of dankoffers) duidelik word. Dit is nie die hoeveelheid nie, maar die beginsel wat tel. Dink aan die arm weduwee wat twee geldstukkies ingegooi het in die skatkis en Jesus het gesê dat sy die meesste van almal ingegooi het.

Natuurlik plaas dit ‘n ontsaglike verantwoordelikheid op kerke wat bydraes ontvang om dit reg en verantwoordelik te gebruik. Kerklike bydraes is die HERE se geld en mag nie verkwis word nie. Judas Iskariot het as eerste kassier van die Nuwe Testament nie ‘n goeie voorbeeld gestel vir kassiere wat na hom sou kom nie (Johannes 12 : 6) Kerkrade en lidmate moet met groot sorg toesien dat hulle boekhouding so gedoen word dat enige misbruik of verkeerde gebruik dadelik uitgewys kan word.

Is die HERE werklik eerste in jou lewe – of ry jy op Sy donkie – gebruik jy dit wat aan die Hom behoort vir jouself? En : kyk jy dat geld wat deur kollektes en bydraes in jou gemeente ingesamel word, reg gebruik word?

Ds Peet Coetzee. Gereformeerde Kerk Stilbaai. (Reservoirstaat)