“Die Kospakkie & Hannelie Gee Om”.

Ons wil eerstens net baie dankie sê aan almal wat skenkings sover gemaak het, en ons vertrou dat ons in die toekoms ook op julle kan staat maak.

Hannelie het vir die 16 dae aktivisme op 2 geleenthede vir die Albertinia SAPD trauma-kamer skenkings oorhandig wat onder andere die volgende insluit: baba kos, baba doeke, speelgoed, klere & onderklere, lekkergoed-pakkies en nog vele meer.

Bo en behalwe dat Hannelie reg deur die jaar vir Kindersorg vele skenkings gemaak het (na aanleiding van hulle skenkingsboek) het Hannelie ook by ʼn geleentheId vir Kindersorg Kersgeskenke vir kinders geskenk. Hannelie het ook vir die 16 dae aktivisme aan Kindersorg ʼn skenking gemaak van onder andere: baba doeke, baba kos, klere & onderklere en nog vele meer.

Ons wil graag die publiek se ondersteuning vra vir ons heel laaste projek vir 2017. Ons het dit gekombineerd as een projek naamlik (1) Die Kersfees kospakkie vir ons gesinne regoor die Hessequa & Eden distrik; en (2) Die Kersfees-wenslysie vir kinders in die Hessequa & Eden distrik. Daar is ʼn lys beskikbaar vir die Kersfees-wenslysie vir kinders.

Ons het die volgende afset gebiede in die Hessequa & Eden distrik (indien jy ʼn skenking daarheen neem merk dit asb. baie duidelik vir HANNELIE GEE OM / DIE KOSPAKKIE:

Albertinia: Hannelie Pretorius, WhatsApp nr 073 543 8778 of stuur ʼn e-pos na: hannelie.skenkings@gmail.com (skakel vir adres)

Stilbaai: Chrisna Uys; Bellevue Resort, Oslerstr 8, Stilbaai-Oos, Tel: 028-754 1505, Tye: Maandae tot Vrydae vanaf 09h00 – 12h00 & 14h00 – 16h00

Riversdal: Jaco, Riversdal Postnet, Dickson str 12, Tel: 028-713 1311/3, of stuur ʼn e-pos aan riversdal@postnet.co.za

Gouritsmond: Carina Marais Tel: 071 185 2588 (skakel vir adres) of stuur ʼn e-pos na: gouritzienuus@gmail.com

Gouritsmond: Hanli Venter (Koffie stories) Melkhoutweg 5 Tel: 082 854 3105 of stuur ʼn e-pos na: bdhanli@vodamail.co.za

Mosselbaai-area: Nadia Jardin, Hartenbos Landgoed 107, Tel: 072 212 8645 (skakel net voor die tyd) E-pos: nadia@mnconsult.co.za

Mosselbaai-area: Lynette van Zyl (Suid-Kaap FM Radio – Mosselbaai) Tel: 083 409 4800 / 044-692 0350
George-area: Lynette van Zyl (Suid-Kaap FM Radio – George) Tel: 083 409 4800 / 044-692 0350

Indien jy ook ʼn vrywilliger wil word by “Die Kospakkie & Hannelie Gee Om” stuur asb. ʼn e-pos na: lindyjoubert7@gmail.com OF hannelie.skenkings@gmail.com

Ons wil graag ʼn beroep op die publiek doen om vir “Die Kospakkie & Hannelie Gee Om” te ondersteun in die toekoms.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply