KOM KYK EERS KUNS EN VIER DAN VERDER FEES!

In die uitstalling getiteld: “La Vie” stel Salomi Prinsloo haarself bekend aan die inwoners en vakansiegangers van haar geliefde wegbreek-tuiste: Stilbaai.

Met verskeie internassionale uitstallings o.a.die Florence Biennale in Italië, ander in Brittanje en Nieu-See land, asook gereelde plaaslike uitstallings by verskeie galerye het Salomi reeds haar voetspore wyd en vêr in die kunswêreld getrap. In hierdie uitstalling “La Vie” deel sy haar aansteeklike en uitbundige passie vir die lewe deur visuele kommentaar te lewer op veelvuldige fasettte van lewe soos uitgebeeld in haar landskappe, abstrakte werke as ook haar blommestudies.

“Kom kyk eers kuns, en vier dan verder fees” nooi sy almal wat haar wêreld van kleurspatsels en speelse vorme wil betree om so saam met haar fees te vier. Binne die raamwerk van elke skildery se doek gebeur daar ‘n droomwêreld waar elke toeskouer sy eie storie kan kom uitleef of verweef op ‘n visuele verhoog, geskep deur Salomi se kleurvolle, soms uitbundige weergawe van die lewe en die wêreld om haar.

Die uitstalling open Vrydag 15 Desember om 19.00 te Heidelaan 10, Stilbaai en duur tot 23 Desember 2017 om 14.00. Saterdag 16 Desember om 11.30 sal die kunstenaar toeskouers deur die uitstalling neem met ‘n praatjie oor haar werk en die betekenis daarvan. Die uitstalling kan daagliks besoek word vanaf 10.30 tot 19.30. Belangstellendes kan Salomi kontak op 0828780441 vir meer inligting, of ‘n epos stuur na salomiprinsloo@gmail.com. Besoek gerus Salomi se webtuiste: www.salomiprinsloo.com vir meer inligting omtrent Salomi, haar kunswerk, haar motifering en kunsfilosofie.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply