Tannie Evita Kom Kuier In Heidelberg

Heidelbergers kan hul gereed maak vir ‘n uitsonderlike gebeurtenis met die land se mees bekende tannie, Evita Bezuidenhout op Maandag, 12 Februarie om 18:30 by Dasjesdrift Teaterhuis van Niël Rademan, bekende sanger en verhoogkunstenaar. ( Vir verdere navrae kontak gerus 079 697 1574. )

“Tannie Evita praat Kaktus” is die titel van haar staatsrede. Ons Tannie kyk na die politiek van die oomblik, die vrese van vandag, die spoke van gister en die tsunami’s van die toekoms van 1652 tot 2018: die lief en leed, die soet en suur, altyd met haar tong in jou kies en die belaglikheid van ons politiek in jou glimlag.   ( Irma Huysamer )

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply