U3A Stilbaai

MEMBERSHIP
Please take note that the U3A courses, group activities and outings are for members only. The main reason is that our constitution provides indemnity to members against injury or damages. Members are welcome to bring guests who are visiting Stilbaai, or invite individuals whom you want to introduce to U3A. But if permanent residents of Stilbaai want to partiipate regularly, they must join U3A Stilbaai; surely R30 a year is an afffordable amount .

U3A Stilbaai Groups:
The following group activities are taking place:
Hiking Groups : The group hikes every Friday morning. Cheryl Worth, who has convened this group from the start, is now handing over to Andre and Hanlie Bezuidenhout. Thanks to her enthusiasm and dedication, the hiking group is without doubt our most successful group – we owe Cheryl our appreciation and thanks. You can now contact Andre at andre@andrebez.co.za.
Walking Group : The group walks every Friday at 08h00. Contact Debra at barltropd@gmail.com for more information.
Bird Group : Any member interested in joining the Bird Group, please contact Johan at rooyenvanjohan@gmail.com
Photography Group : A photography group has been established, any member interested can contact Lawrence at barltrop@vodamail.co.za.
Share Group : The share group meets regularly; any member interested can contact Christo at christoprins208@gmail.com.
Neuroscience Group : Stefan has formed a group interested in neuro-science discussions, contact him at stefanpretorius877@gmail.com.

TALKS TO COME …
There are a number of speakers lined up for next year, we have the first three months confirmed:

26 February 2018: Mike Steytler will talk about Superbugs and their treatment.
26 March 2018: Pieter van Niekerk will take us on a tour of Australia on his Harley-Davidson.

U3a Stilbaai improves the quality of life of people of mature age, especially retirees, and encourages the maintenance of intellectual capacity through stimulating programmes of learning and teaching and the social contacts derived there from. (Contact: info@u3astilbaai.org)

STILBAAI BELANGEFORUM (SBF) (van bl 1) Voorblad artikel

Die Stilbaai Belangeforum het ‘n “Botanical Conservation Value Assessment” ten opsigte van die eiendom laat doen deur Regalis Environmental Services van Oudtshoorn, Mnr Jan Vlok, wat die botaniese belangrikheid van hierdie stuk grond beskryf. Voorstelle deur die Belangeforum gemaak, berus grootliks op die inhoud van hierdie verslag.

Die ander uiterste is om die hele gebied te ontwikkel en op te verdeel in beide woon- en besigheidserwe. Die Raad gaan seer sekerlik sy belastingbasis langs die weg verbreed, maar Stilbaai gaan ook iets inboet wat onvervangbaar is.

Die tyd vir ‘n haalbare kompromie het aangebreek met die Belangeforum wat die volgende voorstel:

Dat die gebied ontwikkel word op min of meer dieselfde basis as die Skulpiesbaai-ontwikkeling ten Noorde van Bosbokduin.
Dat 60% van die strook dien as groen verbindingstrook tussen die Palinggat groengebied en die Skulpiesbaai-natuurreservaat.
Dat die oorblywende 40% ontwikkel word as hoë koste permanente- of vakansiebehuising ten einde voldoende munisipale belasting vir die munisipaliteit te verseker – die erwe sal gesog wees omdat hulle van die beste uitsig gaan hê; hulle kry derhalwe oorwegend toegang vanaf Bosbokduinlaan en Arendstraat.
Dat die begraafplaas op die hoek van Hoofweg-Wes en die Jongensfonteinpad uitgebrei word na die oorkantste hoek en sodoende as’t ware ‘n spieëlbeeld vorm van die huidige begraafplaas.
Geen besighede van enige aard moet langs Hoofweg-Wes gevestig word nie omdat dit te drasties inbreuk gaan maak op die rustigheid van die reeds gevestigde woonbuurte aan die rivierkant van Hoofweg-Wes en langs Jongensfonteinpad. Dit sou ook in hierdie juweel-gebied die balans tussen ontwikkeling en bewaring wat ons voorstel, onherroeplik versteur.

Die Stilbaai Belangeforum glo dat die ontwikkeling van die grond op die wyse soos deur ons voorgestel ‘n kompromie daarstel. Een wat die belastingbasis van die Raad uitbrei en sal verseker dat die dorp genoeg van sy bekoorlikheid sal behou sonder om iets in te boet wat vir die groot aantal natuurliefhebbers in ons dorp onvervangbaar is. Die uitbreiding van die begraafplaas los ook ‘n probleem op omdat die huidige een se spasie onvoldoende raak. Wat die 60% groenstrook betref, spreek dit vanself dat dit na behore voorsien moet word met wandelpaaie en selfs fietsrypaaie.

Stappers moet vry kan beweeg vanaf die rivier by die monding van die palinggatstroompie tot by die viskrale by Bosbokduin.
1
(Gustav Radloff: 083 459 4998)