Die Busy Lizzie se maandelikse vergadering was op Dinsdag 18 Augustus aan huis van Manie en Annette Smit Kinkelbossteeg 4. Die Smit huisgesin is liefhebbers van, en kweek orgidiëe. Hulle het die pragtige fotos wat hulle by al die orgidieëskoue wat hulle deur die jare bygewoon het, met ons gedeel. Daar was ook fotos van die Nasionale Orgidieëskou verlede jaar in Sandton.
Saam met die fotos het die Smits ons verduidelik waarna om te kyk en ons kon tussendeur vrae vra. Dit is ongelooflik mooi om die oorvloed blomme van die verskeie spesies te sien. Sommige met hulle stringe ragfyn blommetjies tot die kleursamestellings van ander waaroor ‘n mens net kan droom. Na die fotovertoning op die skerm kon die lede die Smits se eie versameling orgidiëe in hulle kweekhuis besigtig.
Ons Klub se dank aan die gasheer en gasvou met die beskikbaar stelling van hulle huis en al die toepaslike inligting deur hulle so vryelik met ons gedeel. Ë