OLIMPIESE DAG 2015

7

ALBERTINIA, HESSEQUA MUNISIPALITEIT, 24 SEPTEMBER 2015

Na die suksesvolle aanbieding van die OLIMPIESE DAG in Hawston [2013] en Prins Albert [2014], het die Wes-kaap Provinsiale Sportkonfederasie in vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Kultuur-sake & Sport, Eden Sportraad en Hessequa Munisipaliteit beslis om die 2015 OLIMPIESE DAG te Albertinia op Donderdag, 24 September 2015 aan te bied.
Hierdie SASKOK inisiatief vorm deel van ʼn bewusmakingsproses vir die RIO 2016 OLIMPIESE SPELE. Die WKPSK het besluit om hierdie geleentheid na Albertinia te neem as deel van die bevordering van sport in die platteland. Verskeie hoogwaardigheidsbekleërs sal die byeenkoms bywoon, waaronder die Uitvoerende Burgemeesters van die Eden Distrik asook Olimpiese atlete wat boorlinge van Eden Distrik.

Albertinia in die Hessequa-streek spog met hulle eie internasionale sportsterre. Die legendariese Elana Meyer (atletiek), Stephan Terblanche (rugby) en Louis Oosthuizen (golf). Dyan Buis (Paralimpiese atleet) van Riversdal en Isabel le Roux, Olimpiese atleet in Beijing 2008, sal ook die verrigtinge bywoon.

Die tema van die dag is “Beweeg, Leer en Ontdek”. Meer as 400 deelnemers vanuit die sportsklubs en skole in Hessequa sal op hierdie dag in aksie wees. Die deelnemers sal die beeld van hul onderskeie dorpe in Hessequa verteenwoordig tydens ʼn parade.

Die huidige sowel as Olimpiese sportkodes uit die verlede sluit in: Atletiek, Sewes-Rugby, Boks, Fietsry, Stoei, Gimnastiek, Gewigoptel, Tafeltennis, Tennis, Hokkie, Skerm, Perdry, Gholf, Paralimpiese Sport en Toutrek. Nie-Olimpiese sportsoorte soos Bofbal, Sokker, Jukskei, Netbal, Domino’s en Wedvlugduiwe sal ook aangebied word op die dag, asook sportkodes vir gestremdes.

Op 23 Junie 1894 is die Internasionale Olimpiese Komitee daargestel om die Antieke Olimpiese Spele te laat herleef. Die herdenking van die Spele vind elke jaar plaas deur die OLIMPIESE DAG aan te bied.

Die eerste OLIMPIESE DAG is gevier deur nege Nasionale Olimpiese Komitees naamlik, Oostenryk, België, Kanada, Groot Brittanje, Griekeland, Portugal, Switserland, Uraguay en Venezuela. In 1987 het die IOK se “Sport for all Commissions” die OLIMPIESE DAG HARDLOOP konsep bekendgestel met die doel om deelname in sport deur mans, vroue en kinders uit alle dele van die wêreld, ongeag die atletiese vermoë, te bevorder. Die eerste OLIMPIESE DAG HARDLOOP was in 1987 oor ‘n afstand van 10km gehou en 45 NOK’s het deelgeneem.

Deesdae word OLIMPIESE DAG deur miljoene mense in meer as 160 lande gevier. Die herdenking van die geboorte van die modern Olimpiese Spele deur middel van die OLIMPIESE DAG, is meer as net feesvieringe, maar eerder ʼn internasionale poging om vyf opvoedkundige waardes te bevorder deur:
1. Genot en poging,
2. regverdigheid,
3. respek vir ander,
4. strewe na uitnemendheid en
5. balans tussen liggaam, wil en verstand.
Vir meer inligting, kontak:
Dave van der Walt by 082-7734901 [sportcouncil.eden@gmail.com] or
Zaghra Savahl by 083-3567026 [Zaghra.savahl@westerncape.gov.za]

FOR THE GARDEN CONNOISEUR

To start off with this week’s discussion I want to pick up at the previous theme of biochar quality.

When standing next to your charcoal fire in your flushing garden with a nice matured steak on standby to “braai” as soon as the fire is ready, you can easily ask yourself: why can’t I use charcoal to improve my garden soil? That is if your head works like mine about soil.

First of all, you will get a reaction and it will most probably be positive when mixing charcoal with your garden soil. All the qualities that you will find in biochar, will also be present in charcoal. Christoph Steiner, a research scientist at the University of Georgia, says the difference between charcoal and biochar lies primarily in the end use. “Charcoal is a fuel, and biochar has a nonfuel use that makes carbon sequestration feasible,” he explains. “Otherwise there is no difference between charcoal carbon and biochar carbon.”

The fact that charcoal can still burn in your “braai” fire, means that there is still volatiles present in the charcoal that can have a negative impact on soil microbes and the reaction of minerals over a period of time. The total carbon content as well as the total “storing” capacity for microbes and nutrients is also lower in charcoal than in biochar.

So, when standing next to your charcoal fire, “braai” your steak to perfection on it when ready, but use biochar to mix into your soil with compost, manures, organic matter or fertilizer to build a healthy, productive soil in order to cultivate your plants to perfection.
As mentioned before, a good quality biochar will increase the water holding capacity of your soil, create a sustainable environment for microbes to multiply and minimise the loss of certain nutrients by volatilisation and leaching. But it will also stabilize imbalances in the soil profile to optimise plant growth and production.
You don’t want to compromise these and other advantages of biochar by adding an inferior product to your precious natural recourse – soil.

Hennie du Plessis (083 787 0432)
Agriculturist
hennie@carbonfertilizer.co.za

ad2

BESIGHEIDS NETWERK BYEENKOMS | RIVERSDAL

4

Soos verwag was die eerste Besigheids Netwerkbyeenkoms, Dinsdag 1 September, by die OU TRONK maar uiters swak ondersteun.

‘n Groot jammerte veral omdat soveel mense die inisiatief vooraf ondersteun het en ons selfs aangemoedig het om voort te gaan.

Maar ondervinding het ons geleer “vasbyt” en nie moed te verloor nie.
Besigheids mense moet mos die waarde van so ‘n netwerk byeenkoms kan raaksien ??
(Dan is dit nog gratis.)

Aan die wat die moeite gedoen het om dit te kom bywoon… baie dankie. Met volharding sal ons sukses behaal.

Dankie Louise, vir die pragtige en uiters geskikte perseel (venue) en gratis koffie !!

Indien enigiemand anders hulle perseel wil aanbied vir ‘n volgende vergadering, kontak my gerus.

Julie Retief
082 412 3000

5