Welkom by Hessequanuus

 

SUID-KAAP KINDERKOOR SING OP STILBAAI.

Die beroemde Suid-Kaap Kinderkoor (SKKK) van George onder leiding van die dinamiese Jan-Erik Swart tree Saterdagaand 14 Oktober 2017 om 7nm. op in ‘n galakonsert in die Gemeenskapsaal Stilbaai,op uitnodiging van die Stilbaai Musiekvereniging. Die konsert is die hoogtepunt en afsluiting van die vereniging se jaarprogram.

Die koor, onder die leiding van Jan-Erik Swart het reeds besondere hoogtes bereik, onder andere drie goue medaljes gewen en die eerste plek verower in die kategorie Musica Sacra op die belangrikste koorkompetisie ter wêreld, nl. die Agtste Olimpiese Wêreld Koorspele in Riga, Letland in 2014.Dit was ongehoord dat ‘n nuweling-koor soos SKKK so ‘n hoë standaard tydens sy eerste internasionale kompetisie behaal om bo ongeveer 240 wêreldkore wat in hulle kategorie deelgeneem het, uit te styg. In September van dieselfde jaar by die ATKV Animato Koorkompetisie-finaal in die Hugo Lambrechts Ouditorium, Parow, is die SKKK aangewys as beste algehele koor van die kompetisie, beste kinderkoor, beste uitvoering van ‘n Romantieke werk, kontemporêre werk, Afrika-Etniese werk asook beste vooreskrewe werk, en is as kampioene bekroon. In 2016 het die SKKK aan die 64ste Muziekfestival voor de Jeugd in Neerpelt, België deelgeneem en die eerste plek cum laude behaal.

Jan-Erik Swart is die koorleier sedert 1996 en het eweeens ‘n string toekennings op sy naam. Hy het ‘n B.A.Mus. UNISA,1998, Hoër Onderwysdiploma UNISA 1999 en ‘n M.Mus –graad in Koorleiding verwerf aan NMMU in 2012.Hy is vereer deur die George Munisipaliteit vir sy uitstaande prestasie met Kindrkore en hou die Hoof van die Vloot se Beste Diens Toekenning 1990. Hy was ook die SA Nasionale Wenner: Militëre orkeste 1994 en het opgetree as beoordelaar by verskeie Eisteddfods. Hy het ook natuurlik die koor gelei om die reuse suksesse te behaal soos hierbo uiteengesit.

Hierdie is voorwaar ‘n geleentheid wat nie gemis moet word nie! Kaartjies kos R100 vir lede ,R120 vir nie-lede, R50 vir Skoliere en is te kry by Lilliput, CUPZ Cafe en by die deure van die Gemeenskapsaal Stilbaai Wes. Die konsert begin stiptelik 7nm.

van die Redaksie

Suksesvolle en gelukkige mense word deur ander bewonder en dit maak hulle ‘n maklike teiken vir jaloesie.

Jaloesie is niks anders as afguns op ander vir dit wat hulle is, het, of bereik het nie.

Volgens my is jaloerse mense dikwels ongelukkig, met ‘n lae selfbeeld, bang en kwaad vir die wêreld.
Maar as hulle net besef dat jaloesie so onnodig is. Elkeen van ons is uniek met verskillende en wonderlike gawes en talente. Dit moet net ontdek word.
Aanvaar en hou van jouself net soos jy is.

‘n Goeie selfbeeld sal verseker dat jy jouself na waarde sal ag.
Jare nadat ek die woorde op ‘n plakkaat teen die muur van ‘n Kinderhuis gelees het bly dit steeds by my: “I know I am a something, because God, he makes no junk”.

Fokus op dit waarmee jy goed is en vergeet om ander te beny vir wat hulle kan doen. Dinge gaan in elk geval nie altyd so goed met ander as wat dit lyk nie.

Jaloesie van ‘n vriend (in) maak seer maar voor jy terugkap en oorreageer onthou: “’n Jaloerse persoon se optrede sê iets van hulle en hoe jy daarop reageer, sê weer iets van jou” !
Probeer die persoon se optrede verstaan en moet nie oor jou vriend (in) skinder nie. Vir al wat jy weet gaan hulle deur ‘n moeilike tyd. Wat ookal – moet net nie toelaat dat hulle optrede jou terughou om te presteer of om te doen wat jou gelukkig maak nie.

Jy mag nie toelaat dat iemand se jaloesie jou in jouself laat twyfel en met ‘n minderwaardigheids gevoel/kompleks laat nie.

Dis juis die tyd wat jy jou ster moet laat blink.

“Jealousy is when you count someone else’s blessings instead of your own”.

SOUTHERN CAPE LOCALS TO RACE THE 7WEEKSPOORT MTB CHALLENGE

The Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge is one of the Western Cape’s oldest and largest single day mountain biking events. Each year, for the last thirteen years, nearly one thousand riders descend on the small Klein Karoo town of Ladismith for a typically South African marathon mountain bike race. This year’s edition takes place this weekend, on Saturday the 30th of September.

For 2017 the event boasts a largely local field once more, with the majority of social and competitive riders hailing from the Southern Cape region. This is bolstered by the fact that the title sponsors, Ladismith Cheese, donate over two hundred entries to the local communities of Ladismith, Amalienstein and Zoar and sponsor the prize for the first Ladismith resident to cross the finish line of the main, 85 kilometre, race.

Heading up the Southern Cape local’s challenge are two of South Africa’s top marathon specialists, Robyn de Groot and Yolande de Villiers. Both women have the Momentum Health Cape Pioneer Trek, presented by Biogen, firmly in their sights for mid-October so the Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge will act as a welcome tune-up event.

De Groot has endured a season of mixed results by her own high standards, after placing second, to Annika Langvad, at the Momentum Health Attakwas Extreme, presented by Biogen, in January she opted to race the Momentum Health Tankwa Trek, presented by Biogen, in the mixed category with her Ascendis Health teammate Gert Heyns. Three days of over-speed training and a victory there set her up well for the Absa Cape Epic, but a couple of crashes for her partner put pay to any chance of victory in the main goal of her season. Thereafter she successfully defended her South African marathon champion’s title and raced to a tenth place in the XCM World Championships in Singen, Germany. Following the World Championships De Groot has struggled with a back injury and bronchitis, but is now back to full fitness. So unlike many of her competitors, she should be relatively fresh for the final few months of the South African mountain biking season.

It will be her first outing at the Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge, and De Groot had the following to say about the event: “The 7weekspoort MTB will be my first race back in a while, after having to take some time off due to injury, so I am just happy to be get out and race again this coming weekend. It’s part of a training block in preparation for the Cape Pioneer Trek which is in a few weeks’ time. It’s also the first time I will be doing this event, so I look forward to riding through the scenic Seweweekspoort, Swartberg nature reserve and the Karoo.”

While it is De Groot’s first outing De Villiers is the defending champion. An Oudtshoorn local and the wife of Dryland Event Management’s route director, Henties de Villiers, she knows the route like the back of her hand. Even the change in finishing venue is unlikely to cause her much concern.

For 2017 the race finish has moved from Ladismith High School to the Shalom Academy, adding three kilometres to all the race distances. The route will enter town via the Hoeko Valley road, traverse the golf course to the west of Ladismith, skirt the Ladismith Cheese factory and cross Route 62 before finishing at the Shalom Academy.

For her part De Villiers is looking forward to the event. “The Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge is family orientated, has a scenic route through Seweweekspoort and a really festive finish line, with typical Karoo hospitality and treats, so there is a lot to love about it,” De Villiers said. “The event also supports the local communities, not just through Ladismith Cheese’s sponsored entries, but also by attracting so many people to the town; which has a huge financial impact. All the bed and breakfasts are fully booked and the restaurants are busier than at any other time in the year. Plus Ladismith High School raises money by catering and providing accommodation for riders in their hostel, and the post-race shuttle and car drive services bring in much needed funds too” she concluded.

The Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge takes place this Saturday, the 30th of September 2017, and though online entries are closed line entries will still be available – at registration on Friday the 29th and on Saturday morning. The racing starts at 07:30 from the Lutheran church in Amalienstein and if you cannot take part yourself you can follow the action live on Twitter, @7WeeksMTB. There will also be post-race photos and highlight videos on Facebook, Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge, and if you are taking part join the conversion by posting your photos to Instagram with the hashtag #7WeeksMTB.

Kansa Art From The Heart Bied Mooiste Kunswerke

Die mooiste kunswerke is besig om in te stroom vir die jaarlikse KANSA Art From The Heart- wat op Vrydag, 6 Oktober 2017 om 18:00 by die St Augustine Kerksaal, Meadestraat, George, aangebied word. Meer as 50 kunstenaars vanuit die Klein-Karoo en die Suid-Kaap neem vanjaar aan die projek deel.

Stilbaai het vanjaar weer van die mooiste skilderye ingestuur. Deelnemende Kunstenaars is onder meer Anita Barnard, Leone de Koning, Margie Smith, Chris Neser, Hugonda Breytenbach, Kassie van Noorwyk, Annie Albertyn en andere.

KANSA voorsien deelnemende kunstenaars van skilderdoeke en die hartskunswerk van die onderskeie kunstenaars word dan aan KANSA geskenk. Al die betrokke kunstenaars se werke word dan op Vrydag, 6 Otober 2017 uitgestal en opgeveil ten bate van KANSA Suid-Kaap Karoo wat die fondse weer op hul beurt aanwend vir dienslewering in die Streek.

“Ons is besonder dankbaar teenoor elke kunstenaar. Die werke wat ons tans al ontvang het is pragtig en werklik besonders. Die publiek is welkom om die veiling van die Suid-Kaap se beste kunstenaars by te woon teen R50 per persoon.

Vir meer inligting kontak Lucinda by 044 874 4824 of 082 66 33 529 of epos by lucinda@cansa.org.za.

SHADES OF PINK BORSKANKERSTAP!

Die jaarlikse KANSA Borskankerstap het vanjaar ‘n tema wat werklik skakerings vermaak vir die deelnemers skep. Die tema vir vanjaar se borskankerstap is “Shades of Pink”. Die borskankerstap vind ouder gewoonte weer by Langeberg Mall plaas, hierdie keer op Woensdag, 11 Oktober.

“Ons begin eers om 18:00 alhoewel ons reeds vanaf 17:00 beskikbaar sal wees vir inskrywings. Die tydsbepaling maak dit moontlik vir alle deelnemers om eers hul werksdag af te sluit en daarna rustig hul tekkies aan te trek en saam te stap.”

Vooraf-inskrywings kan reeds gedoen word. Skakel Lucinda by 082 66 33 529 of epos by lucinda@cansa.org.za. Begin jou kuite op ‘n krul trek en jou lyfie wikkel! Hier kom ‘n ding! Dis KANSA Borskankerstap op Woensdag, 11 Oktober om 18:00 by die Langeberg Mall!
Almal kan deelneem en dit is die ideale geleentheid vir besighede en organisasies om hul ondersteuning te wys en bietjie span te bou. Die sowat 5km roete is maklik en toeganklik vir alle deelnemers! Die sirkelroete word twee keer geloop (om die Mall. Diegene wat graag reeds per epos wil registreer, kan vir Lucinda Viljoen epos by lucinda@cansa.org.za. Die verrigtinge gaan om sowat 19:30 afgehandel wees. Kostes beloop R40 per volwassene en R15 vir kinders onder 15 jaar.

Enige organisasies of besighede wat graag van hierdie geleentheid gebruik wil maak vir bemarkingsdoeleindes, kan Lucinda skakel.
082 66 33 529

Oordenking – DIE ONBEPAALDE TYD

Lees: Prediker 3 : 1 – 15Lees: Prediker 3 : 1 – 15Fokusvers: Prediker 3: 1 en 2
Tyd is deel van God se skepping.  Voor die skepping was daar nie tyd nie.  Wanneer God die son, maan en sterre skep begin die sirkelgang, die herhaling van dag en nag, van seisoene, van peroides wat ingedeel is in jare,  dae, ure,  minute.  Reeds in die eerste hoofstukke van die Bybel lees ons van die ouderdom van mense, maar ook van die sirkelgang –  hy is gebore en hy het gesterwe.

Wat mooi en wonderlik moes wees, is deur die tragiese van die sondeval vernietig. Toe die mens gesondig het in die paradys, het hy nie in die ruimte ingeskiet nie, maar ‘n tydgebonde wese gebly. Tyd raak egter in plaas van ‘n seën vir die mens soos God bedoel het, nou die groot monster wat hom wil verslind.
Daarom is Prediker 3 ‘n klaaglied, omdat daar ‘n tyd vir alles is, ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan.  Jy kan nie iets oorleef nie. Selfs die skepping is mooi op sy tyd en dan verweer dit. Daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe. Besef ons dit – die twee grootste oomblikke van jou lewe het jy geen beheer oor nie. Jy kan nie bepaal wanneer jy gebore wil word nie en jy kan nie bepaal wanneer jy wil sterwe nie.  Jy is passief in die twee grootste oomblikke van jou lewe.

Daar is egter iets wat ons moet raaksien: Prediker roep na ‘n Verlosser  wat ons uit die greep van tyd kan verlos. Jesus Christus het dit gedoen. Wat het Hy gedoen?Sy Vader beskik alles, Hy kom in die volheid van die tyd, in volle beheer word Hy gebore op die uur waarin die hele wêreld  na ‘n Verlosser soek.   God bepaal die geboorteuur.  Christus word gebore binne tyd en ruimte, vir alles is daar ‘n tyd, so moet Maria dikwels hoor dat Sy uur nog nie gekom het nie.  Dan kom die werklike uur – die uur van kruisiging.  Hy sterf op die uur waarin Hy moet sterf, drie dae volgens Goddelike bepaling in die graf.  Toe Christus  die dood oorwin,  breek Hy die sirkelgang van geboorte en sterwe. Hy maak dit moontlik sodat God die onbepaalde tyd in die harte van mense deur sy Heilige Gees kan werk.
Onbepaalde tyd – die ewige lewe.  Dit bewerk Hy deur die wedergeboorte – iemand wat wedergebore is, het ‘n begin, maar geen einde nie, ons sterwe is dan slegs deurgang na die ewige lewe.  Daarna verlang ons, dit is ons toekomsverwagting.