TUIN-OP-DIE-BRAK

Inheemse woude, vuurpatrone, indringerplante en beskermde bome: Wat is die situasie ? Natural forests, fire patterns, invader plants and protected species: What is the situation?

Die Tuin-op-die-Brak komitee nooi u vriendelik uit na ‘n praatjie deur dr Coert Geldenhuys, professor in Woudekologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Die praatjie sal handel oor inheemse woude, vuurpatrone, indringerplante en beskermde bome. Dr Geldenhuys gaan ook praat oor die probleme wat by Knysna ondervind was, met spesifieke verwysing oor hoe dit Stilbaai raak.

Kom luister graag saam op Donderdag, 1 Februarie 2017 om 17:00 in die Waenhuis, te Jagersbosch Gemeenskapsentrum. Toegang is gratis en nooi sommer ook jul bure, familie en vriende om te kom luister!

Ons sal bly wees indien jy/julle laat weet of jy/julle dit kan bywoon.
Elmarie Venter 028-7541460 / 082 374 7754

STILBAAI ROLBALKLUB

Stilbaai en omliggende rolbal klubs, Riversdal, Heidelberg, Witsand, Barrydale en Lydismith het oor 6 maande meegeding op die rolbal bane.

Daar was elke maand by ‘n ander klub gespeel. Elke klub span het uit 5 spelers bestaan, Twee het Dubbels gespeel en Drie het in die Trips gespeel teen ‘n ander klub.

Saterdag 25 November was dit die laaste wedstryd wat op Heidelberg in die hitte en sonder ‘n briesie van wind gespeel is.

Die spanne se punte was baie naby mekaar en na ‘n hewige stryd en baie sweet is Stilbaai Rolbalklub as die wenner van die reeks aangewys, Heidelberg was tweede en Lydismith derde.

Stilbaai het elke maand ‘n ander span ingeskryf vir die kompetiesie om soveel lede as moontlik bekend te stel met groot kompetiesies en elke span het baie goed presteer en baie geleer.

Die foto hierby is die span wat Saterdag gespeel het en die trofee in ontvangs geneem het.
Die span het bestaan uit vlnr. Piet Roodt, Tony Bailey, Barrydale se Voorsitter wat die prys oorhandig het,Marie Steyn, Gerald Enright en Eddie de Freitas.
Hiermee die wenners van die Personal Trust borgdag wat op Woensdag 29 November plaasgevind het
42 spelers het meegeding vir die pryse in baie lekker weer, Daarna het al die spelers lekker saam gekuier.

Die wenners was Lei : Veronica Enright, 2e : Reinette van den Berg, en die Skip : Piet Robbertse

In die 2e plek was Lei : Annette Gerber, 2e : Anita Linde, en die Skip : Danie Botes

En in die 3e plek was Lei : Gerald Enright, 2e : Liz Nowers, en die Skip : Mariana vd Walt

van die Redaksie

Dit is asof die lewe vandag een groot kompetisie is – almal wil wen, belangrik wees en bo uitkom.

Die probleem is, almal kan nie altyd wen nie !
‘n Wen en bo uitkom kom met sy eie stel probleme en uitdagings.

Vrees vir mislukking, aanvaarding en hebsug is dikwels die rede dat jy sonder om te dink voortstoom.
Die gevolg, kort voor lank laat dit jou sielsmoeg, uitgebrand en ontneem van die lag en vreugdes van die lewe.

As dit is waar jy in jou lewe is is dit lankal tyd om stil te raak en te herbesin !

Vergeet die kompetisie en gejaag na mensgemaakte geluk en rykdom.

Wees realisties oor jou verwagtinge en moenie jou werk en die lewe te ernstig opneem nie.

As jy eers in die kompetisie van die lewe vasgevang is kom jy nie maklik daaruit nie.
Jy moet grense stel en daarby hou.

Vergeet van status en belangrik wees.

Onthou gerus, vir almal wat bo is, is daar iemand onder. Besluit of ‘n wen belangriker is as dit wat jy moontlik gaan moet prysgee.

Op hoeveel mense moet jy nie dalk in die proses “trap” om ten alle koste, bo uit te kom nie ?

Hoe anders sou die lewe nie kon wees as ons deur liefde en omgee en nie deur wedywering, kompetisie en hebsug gedryf was om te wen en bo uit te kom nie ??