WAT ‘N “GREAT” STORIE

5

Die Hessequa Munisipaliteit se Skut personeel het Maandag oggend ʼn Great Dane teef verwyder vanaf haar eienaars en het onmiddellik uitgereik na die gemeenskap om ʼn rehabilitasie en aanneemhuis vir haar te soek. Met die wonderlike hulp van die Suid Kaap Forum, Hessequa Gemeenskap en Sosiale Media is die Skut oorval met oproep van moontlik aanneemhuise.

Die Weston gesin is een van vele diereliefhebbers wat die foto’s van Sasha op die sosiale media bladsye gesien het en onmiddellik die Skut gekontak het. Mev. S. Weston vertel sy kon nie dit oor haar hart kry om nie die hond in te neem nie. Sasha het dadelik haar hart gesteel. Die Weston gesin is woonagtig in Riversdal en bied vir Sasha ʼn wonderlike, liefdevolle huis met speelmaats.

Die Skut personeel sal gereeld opvolg op Sasha se vordering, maar foto’s spreek boekdele en is dit duidelik dat Shasha haar nuwe familie en tuiste reeds geniet.

Hessequa Munisipaliteit waardeer opreg elke belangstellende oproep en navraag en hoop om goeie huise vir alle diere in die Skut te vind. 6

 

 

Print Friendly, PDF & Email