Tuinmaak met Leani | Tuinmaak in Oktober

4

Plant gerus plante uit ’n Voedselgroep wat uitstaan in terme van voedingswaarde soos bessies. Soorte sluit in Aarbeie, Raspberries, Gooseberries, Cranberries, blou en swartbessie.
Bessies word as super kos gesien, aangesien dit vol voedingstowwe en vitamiene is.
Oktober is Rose-maand.

Alhoewel rose nie goed doen in vol seewind nie, sal hulle wel aard as hulle in’n wind beskutte area staan. Indien u nie seker is waar om u roos te plant nie is dit handig om u rose eers in potte te plant en in die tuin rond te skuif om seker te maak waar hulle die beste sal aard.

Baie ander pragtige blommende stuike soos die Yesterday, Today and Tomorrow is ook nou in blom.

Somer bolle:
Bolle is ’n fees. Meeste kan gepluk of gesny word en kan lank in ’n vaas in die huis oorleef, of net so, met bol en al in die huis pronk en die kleure is gewoonlik intens en ’n ware siels geneser.
Amarillis, Gladiolus en Begonia begin nou groei. onthou ons inheemse bolle vertoon die beste hier, so moenie vergeet van die pragtige Arons kelke, Watsonia, Cocrosmia, Velthemia en pragtige Scadoxus (of royal paintbrush) nie.
Plant vir die omgewing:
Die Spekboompie het die vermoë om die grootste hoeveelheid koolstof te filtreer van alle plante. Hierdie veelsydige plant gebruik kan word in die volle son of halfskadu in droë gebiede of selfs in waterryke blom. Dit kan ‘n matige graad van ryp duld, veral wanneer volwasse.
’n paar ander oulike dinge oor die Spekboom is:
Hulle maak ondeurdringbare heinings…en het die minimum aandag nodig.
Maklike en oulike Bonsai subjekte.
Droogtebestand
Vuur bestand
Wanneer hulle blom is hulle ’n groot aantrekking vir insekte, waaronder dan ook vir insekvretende voëls.
Diere hou baie daarvan om dit te vreet en om daardie rede groei hy net so maklik.
Voorkom erosie omrede die wortels die grond vashou.

Print Friendly, PDF & Email