BESIGHEIDSVRAELYS – RIVERSDAL DIEREKLINIEK

Foto

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Ecclesia 6 33 is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur die Riversdal Dierekliniek gestig is. Dit gaan/wil fokus op dierewelsyn en om die beskikbaarheid van dieresorg moontlik te maak aan die minder bevoorregte gemeenskap sonder enige administratiewe hakplekke te danke aan die feit dat alles intern gehanteer word.

Wanneer het u die besigheid begin?
Beplanning het vroër die jaar begin en die deure het amptelik in Julie 2016 oopgemaak.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Riversdal Dierekliniek spandeer ‘n kwart miljoen rand aan welsynsubsidies en wou ‘n meer effektiewe manier vind om die vloei van finansies dop te hou byvoorbeeld waarvoor en waarnatoe die geld gaan. Daar is ook ‘n groot nood in die omgewing van mense wat nie veearts kostes kan bybring nie. Deur hierdie organisasie word dienste nou aan almal soos benodig gebied.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Soos bogenoem mik ons om enige persoon wat nie finansieël in staat is om vir die versorging van ‘n geliefkoosde troeteldier te betaal nie, behulp te wees.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Die Dierekliniek word uitgesubkontrakteer om namens Ecclesia te kan funksioneer. Ecclesia is die tussenganger tussen die mense en die mediese/kliniese dienste.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ecclesia vorm ‘n interne deel van die Riversdal Dierekliniek en sodoende hanteer dieselfde administratiewe personeel al die papier werk. Daar is ‘n oopvloei van kommunikasie om sodoende hulp sonder enige vertraging te verleen.

Doelstellings en Prestasies.
Ons wil graag inenting en sterilisasie veldtogte ‘n groot fokus punt maak. Daar waar mense met mekaar in aanraking kan kom om nie net die diere te help nie, maar om ook aan die eienaars aandag kan gee. Om opvoedkundige inligting met hulle kan deel oor die versorging van hulle diere, hoekom inenting belangrik is en wat die gevaar tekens is om dop te hou. Ons het in gesprek getree met die munisipaliteit om ‘n welsyn struktuur in plek te stel. Tesame met die hulp van die munisipaliteit wil ons hierdie struktuur dupliseer in die hele Hessequa.
Voltooi die volgende stellings:
“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied …..”
Meer opvoedkundige inligting te versprei onder die gemeenskap. Om almal bewus te maak van dierewelsyn en uitreik na mense wat kan help en die twee wêrelde bymekaar kan bring.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Ons is baie gretig om te begin help. Die minimum kriteria om vir dié welsyn aansoek te doen en te kwalifiseer is ‘n gesamentlike huishoudelike inkomste van minder as R5000 asook ‘n bewys van inkomste en afskrifte van ID dokumente. Mense wat meer as R5000 gesamentlik verdien kan ook aansoek doen; ons sal net uitwerk op watter manier ons die mense gemoed kan kom. Tel: 028 713 1123

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply