WEER ’N EERSTE VIR STILBAAI!

foto

Wanneer ‘n bekroonde kunstenaar en ‘n gesoute ontwerper en kleremaker koppe bymekaar sit, moet ‘n mens seker ‘n kreatiewe ontploffing verwag.So was dit dan toe Hannelie Taute en William Mills mekaar ontmoet.Hannalie is ‘n kunstenaar (nominasies in 2012 en 2015 vir ‘n Fiësta-toekenning en die ontvanger van ‘n Kanna-toekenning vir die beste visuele kunsproduksie by die KKNK 2015.
William weer was voorheen by SABC Televisie en verskeie kunsrade se kostuumafdelings betrokke.
Hannelie se werk is al beskryf as vrypostig, onthullend, beslis nie bedaard, stemming, subtiel of gerusstellend nie maar wel onvergeetbaar.

William Mills geniet sy werk as ontwerper en kostumier en is nie bang om klere van verskillende teksture en kleurskakerings te maak nie.

Hannelie stel op 22 September haar nuwe uitstalling “The Grimm Needle” by die Fried Contemporary Kunsgalery in Pretoria bekend. Haar medium is kleurvolle borduurwerk op swart rubber en sy vertel dat sy die borduurwerk sien as haar verf en die rubber binnebande as die skilderdoek.p-5-cut

Taute hou daarvan om aan te trek in ‘n kostuum wat aanklank vind en pas by haar uitstalling se tema.
Hannelie is na William verwys, en net daar verruil hy sy lap en gare vir rubber en hoepels en maak vir Hannelie ‘n hoepelonderrrok met ‘n romp wat bedek is met binnebande.Sandra Hanekom, ‘n kunstenaar en onafhanklike skrywer som Hannalie se werk op met die volgende woorde: “Only the blind could forget Hannelie Taute’s artwork. Once seen they always dwell in the recesses of one’s mind – as the artist intended”.Met die uitstalling wat tot 22 Oktober ’16 duur wens ons haar en haar opwindende skepping, alle sterkte toe. 

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply