VIOOL & KLAVIER DUO

foto-2Die Stilbaai Musiekvereniging se voorlaaste konsert van die jaar met Ian van Rensburg, die befaamde violis en konsertmeester van die Aarhus
Simfonieorkes van Denemarke en die talentvolle Suid-Afrikaanse pianis Tertia
Visser- Downie vind plaas op Woensdagaand 19 Oktober 2016 om 19.30 in die NG Kerksaal-Oos, Stilbaai. Werke van oa. Vivaldi, Beethoven, Grieg,
Paganini, Kreisler en meer moderne komponiste kan gehoor word.
Ian van Rensburg is tans op besoek aan Suid-Afrika. Hy speel reeds sedert sy sewende jaar viool, is aanvanklik in Suid-Afrika onderrig deur Alan Solomon en daarna aan die Julliard School of Music in New York en in Weenen, Oostenryk. Hy tree daarna op as konsertmeester van verskeie simfonieorkeste dwarsdeur Europa, reis wyd, en tree oral op as solis óf saam met kamermusiekorkeste. Sedert 1993 is hy die konsertmeester by die Aarhus Simfonieorkes in Denemarke. Hy was ook lid van Duo Paganini, die beroemde viool en kitaarduo
wat ‘n paar jaar gelede Suid-Afrika besoek en oral, ook in Stilbaai, gehore verstom het met sy virtuositeit.
Tertia Visser-Downie is een van Suid-Afrika se beste pianist wat ‘n honneursgraad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch en UNISA- lisensiate in beide uitvoering en onderrig met onderskeiding verwerf het. Sy het reeds opgetree saam met verskeie simfonieorkeste in Suid-Afrika en internasionaal en word gereeld genooi om as offisiële begeleier op te tree by nasionale kompetisies.Sy het bv. die algehele wenner van die UNISA Internasionale Strykerskompetisie van 2010, die violis Yura Lee begelei. In 2009 het sy en Philip de Vos ‘n nasionale toer onderneem met Mussorgsky se “Prente op ‘n Uitstalling” en “Kinderscenen” van Schumann op verhoog,
televisie en radio. Sy is tans ‘n deeltydse lektrise aan die South African College

 

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply