DAWERENDE SUKSES

article-pic-1

Die Goliath Davids/Hessequa Toneelfees het Saterdagaand 15 Oktober met dawerende sukses ten einde geloop. Na die prysduitdeling is ons onthaal op Die Goliath Davids Arts Academy (Heildelberg) se wenproduksie by Artscape en Montagu Skoletoneelfees: ‘Geketting’ (regie Peter-John Davids)

Gaste het toe versnaperinge, verskaf deur die Davids familie, geniet waarna ons na  Vinette Ebrahim se komiese, ontroerende ‘Invisible’ oor Katie Kacobs wat uit Distrik 6 gesit is, maar nooit haar menswaardigheid verloor het nie. “Pa sê: ‘Bloed is rooi en velkleur is f#kol, maar maniere is alles.”Amen”. Veels geluk aan die talle deelnemers van 12 skole . Robinvale Sekondêre Skool, Atlantis het gewen met ‘Diekie van die Bo-Kaap’. Team Bring It van Worcester was tweede. Freek Oerson van Bontebok Primêre Skool met hulle ‘The Law’ was die wenproduksie vir die outjies tot en met graad 7. Laerskool DeWaalville was tweede.

Alhoewel al die stukke ook Engels bevat het, was dit oorwegend Afrikaans deurspek met die ongelooflike kleurryke Afrikaaps- skerp. Aisha se vriendin (uit Diekie van die Bo-Kaap) raai haar na Diekie se dood aan dat sy vir ‘n ‘abortion’ moet gaan. Antwoord Aisha: “Man, my ma slaat my vrek met abortion en al.” Snaaks en skreiend. 2017 is om die draai en al die Heidelberg skole moet inskryf. Ook Riversdal en Albertinia. Moenie dat die besoekers ons ore aansit nie.
Ander bekendes wat ook die geleentheid bygewoon het, is Irma Huysamer en William Mills, Tessa Haasbroek en Elize Claassen, alvier van Stilbaai.  foto-2

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply