KERSFEESKONSERT MET ‘N VERSKIL

Op 2 Desember 2016 het Riversdal Uitvoerende Kunste ‘n Kersfeeskonsert met ‘n verskil gehou in die Riversdal Burgersentrum.
Daar was 196 gaste wat hierdie spesiale inleiding na die Kersfees-gety geniet het. Die koor en orkes het die gehoor vermaak met ‘n paar ou bekende liedere soos Stille Nag en Heilige Nag, asook paar verwerkings van ou bekendes soos The 1st Noël. Dan was ook trompet en klavier solo’s asook die mannekoor. Die orkes het veral verbaas met Christime Orchestral en die koor het afgesluit met Christmas time is here.
Die orkes van +-30 en die koor van meer as 30 jongmense het werklik verbaas met hulle talente en dit met die feit dat baie van hulle nog nie eers ‘n jaar hulle instrumente bespeel nie. Riversdal Uitvoerende Kunste sê baie dankie vir al die ondersteuning deur die ouers, die Munisipaliteit en vriende van die organisasie. Hierdie spog Kersfees konsert sal nou voortaan jaarliks plaasvind op die Hessequa Kalender.
(Irma Huysamer)  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply