WYNFUNDI – GLAS IN HAND

Soms wonder mens waaroor al die bohaai gaan as dit by wynglase kom. Party glo dat sekere wyne net in sekere vorm glase gedrink moet word, ander drink net uit kristalglase, en meeste mense gee nie werklik om nie solank die wyn lekker is…

Die rede vir al die verskillende soorte glase gaan meestal oor die aromas en temperatuur van die wyn. Rooiwyn het gewoonlik sterker aromas. Rooiwynglase met groter bodems verseker dan die vrylating van meer aromas. Die geure word dan vasgevang met die glas wat na bo weer vernou.
Alhoewel sommige witwynvariteite ook ryk is aan aromas, is die temperatuur van witwyn baie belangrik en die rede hoekom witwynglase meestal kleiner is.
Sjerrie-, port- en muskadelglase is heelwat kleiner aangesien die alkoholvlak hoër is en kleiner sopies verkies word.
Vonkelwyn of sjampanjeglase is meestal langer en smaller as wynglase om die aromas en die borrels te behou.
Glase is veronderstel om net tot die
breedste gedeelte van die glas volgemaak te word om te verseker dat die beste/meeste aromas uit wyn gekry word.
Wel, of jou glas half vol of half leeg is, maak net altyd seker daar is wel wyn in!

Johannie Vermeulen – Stilbaai Kelders

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply