van die Redaksie – Om ‘n Pa te wees is ‘n groot voorreg.

 

Om ‘n Pa te wees is ‘n groot voorreg.

‘n Goeie Pa maak al die verskil in ‘n kind se lewe, want die belangrikste ding wat ‘n kind van sy/haar Pa wil hê, is sy tyd !!

Ek onthou die kyk in my kind se oë as sy met groot afwagting iets vir haar Pa wou vra, wou sê…of selfs net sy goedkeuring wou hê.
Ek onthou hoe rustig en veilig sy gelyk en gevoel het as hy net sy arm om haar gesit het. Hoe uitgelate sy was as hy aandag gee of net saam laf was.

Die kampvakansies was waarvoor sy geleef het, want dit het kwaliteit aandag beteken. Saam boot ry, ski, saam marsmallows braai, saam sing en lag terwyl Pa kitaar speel en simpel versies uitdink.

Maar hoe ervaar mans Vadersdag en wat beteken Pa wees vir hulle ?

Besef ons watse verantwoordelikheid daar op ‘n Pa se skouers rus om ‘n goeie Pa te wees ?
Nie net is hy hoof van die gesin nie, hy moet sy gesin finansieël ondersteun, bymekaar hou, sy vrou en die Ma van sy kinders ondersteun en bystaan, hy moet gesag uitoefen en dissipline toepas. Nogal ‘n mondvol !

Daarby is dit belangrik om te weet dat die diepste gevoellens van ‘n Pa, Voog of Versorger in die privaat- en alleentye lê.
Daar wanneer hy alleen sukkel en spartel om kop bo water te hou.
Wanneer hy krisisse alleen hanteer en oplossings moet vind sodat hy nie sy familie onnodig sal ontstel, teleurstel of sal voel hy het hulle gefaal nie.

Dit is eers wanneer jy jou eie kinders het, dat jy besef hoeveel Pa gedoen en opgeoffer het en hoe min waardering en dankies hy daarvoor ontvang het.

En dit … dit is juis hoekom ons Vadersdag vier.

Om Pa te bedank vir sy toewyding en opofferings.

Gelukkige Vadersdag !!

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply