K9 GEBEURTENIS IN DIE STRYD TEEN KANKER

KANSA Relay For Life Riversdal te same met Community Animals Rescue Society 177-170 NPO (CARS) bied op Saterdag, 14 Oktober ‘n Bark For Life fondsinsamelingsprojek aan vir honde- en mense kankeroorwinnaars. Die Bark For Life geleentheid is die ideale geleentheid waar eienaar en hond die besonderse verhouding wat hulle deel, eer, in hul stryd teen kanker.

“Baie van ons honde-kinders is ook kanker-oorwinnaars of veg tans hul kankerstryd. Ander is deel van die oorwinnaarskorps wat juis ons kankerpasiënte in hul stryd teen kanker bystaan en ondersteun. Die Bark For Life, in samewerking met CARS, is ‘n besonderse geleentheid vir honde-eienaars en hul dierekinders om hul solidariteit teen die siekte te bewys. Die Bark For Life geleentheid vorm deel van die CANSA Relay For Life geleentheid maar het sy eie plek en tyd omdat ons jaarlikse CANSA Relay For Life Riversdal geleentheid weens logistieke redes nie voorsiening kan maak, vir die diere nie. Die geleentheid begin om 12:00 en diere kan met hul eieaars voor by Riversdal skougronde se hoofingang bymekaar kom. ‘n Kort program sal volg waarna die diere ‘n kort roete om die “hindernisbaan” sal stap sê Lucinda Viljoen, KANSA personeelvennoot vir CANSA Relay For Life Riversdal.

CANSA Bark For Life gee aan elke individu en sy hondekind/ers wat die kankerervaring op enige wyse ervaar het, die geleentheid om die stryd teen kanker te stry en bring gemeenskapslede op ‘n unieke wyse bymekaar wie dalk weens omstandighede nie die CANSA Relay For Life geleentheid kan of kon bywoon nie.

Hondekinders vorm altyd deel van ‘n familie en hulle kan self kanker onder lede hê of was self ‘n versorger vir ‘n kankerpasiënt in hul kankerstryd.

Hierdie honde is ook deel van die gemeenskap wat nie altyd die fondse het om hul hondekinders te kan steriliseer, wat ‘n groot invloed het met die voorkoming van kanker in diere. Hier speel CARS ‘n groot rol om die gemeenskap by te staan.

“Ons dierekinders betoon onvoorwaardelike lojaliteit en liefde, hulle is ons ondersteuners, ons sekuriteit en oordeel nooit hul mense-eienaars nie. Hulle is spesiale vriende wat ‘n spesiale CANSA Bark For Life geleentheid regtig verdien.”

Almal word uitgenooi om aan die CANSA Bark For Life tesame met CARS deel te neem. “Ons vra asseblief dat alle diere aan leibande vasgemaak sal wees en sou jy ‘n besonderse temperamentele hond het, dat jy asseblief jou troeteldier met groot omsigtigheid sal hanteer tydens die geleentheid, om sodoende die gebeurlikheid vir almal ‘n aangename ervaring te maak,” vra Lucinda.

Die hart van die CANSA Bark For Life geleentheid is om die besonderse verhouding tussen kankeroorwinnaar, dier en eienaar te eer en om sodoende die Kanker Vereniging van Suid-Afrika in hul fondsinsamelingsgeleentheid te ondersteun.
Kostes beloop R5 vir ingang by hekke per persoon met of sonder toeteldier. Bring asb ekstra geld vir die verskeie kompetiesies en stalletjies wat beskikbaar sal wees. Soos bv die geleentheid om aan verskillende kategorie vir ‘n hondeskou deel te neem. Inskrywingskoste per kategorie is R20.00 en lekker pryse kan gewen word.

Bark For Life het al getoon dat dit die geleentheid bied vir besighede wat dienste bied spesifiek tot diere soos opleidingsgeleenthede, veeartse, telers en hondebeskermingsverenigings om mekaar te ontmoet en mekaar se besighede te ondersteun.

Inskrywings kan op die dag gedoen word . Navrae kan gerig word aan Sandra Lotz 0829621831/0287134362 (CARS) / Junita Kleinhans 0824955212 (Bark for life CANSA) of Lucinda Viljoen, 082 66 33 529 of epos lucinda@cansa.org.za.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply