SUKKEL JY OM JOU MUNISIPALE DIENSTEREKENING TE BETAAL … omdat dit nie via pos ontvang is nie?

Registreer om jou diensterekening per e-pos te ontvang. Jou munisipale diensstate sal maandeliks direk aan jou persoonlike e-pos gestuur word.

Hoe om te registreer om jou rekening elektroniese te ontvang?

1) Telefonies (028) 713 8045

2) Per e-pos gerig aan:
joanne@hessequa.gov.za / info@hessequa.gov.za

3) Skriftelik gerig aan Die Munisipale Bestuurder, Posbus 29, Riversdal, 6670

4) Enige munisipale kantoor in die Hessequa-streek

Besonderhede benodig vir registrasie:
– Munisipale diensterekening nommer
– Identiteit Dokument nommer (ID)
– Werkende e-pos adres

Hessequa Munisipaliteit stuur tans meer as 17 000 rekeninge per maand uit, waarvan 11 211 via pos en 5 858 elektronies uitgestuur word.

Indien jy registreer om jou rekening elektronies te ontvang, kan ʼn faktuur binne 72 uur na die heffingsdatum aan die rekeninghouer gestuur word.

Hoe werk dit as jou rekening via pos gestuur word?

Hessequa Munisipaliteit stuur voor of op die laaste dag van die maand die rekening besonderhede aan die diensverskaffer wat verantwoordelik is vir die druk van die rekeninge. Die drukkers is verantwoordelik om binne sewe dae die rekeninge te druk en te pos. Ongelukkig het die munisipaliteit of diensverskaffer geen beheer oor die werksaamhede van die SA Poskantoor nie. Kliënte word aangemoedig om te registreer vir elektroniese diensterekeninge en sodoende die groen inisiatief van die munisipaliteit ook te ondersteun.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply