van die Redaksie

Jaloesie binne ‘n verhouding of huwelik is baie sleg want sonder vertroue kan geen vriendskap, verhouding of huwelik oorleef nie.

As jou maat jaloers is gaan dit NIE oor jou nie, dis die een wat jaloers is, wat die probleem het.
Jaloesie laat ‘n mens in jouself twyfel … is ek mooi en goed genoeg, is ek te vet, te maer, te dom of te arm .

Oormatige jaloesie is ‘n simptoom van ander ernstiger onderliggende probleme.
Wanneer iemand obsessief raak of wanneer jou metgesel jou met ‘n valkoog begin dophou, agtervolg, dreig en jou van vriende en familie wil vervreem is dit lankal tyd !!

Tyd om weg te breek voor dit te laat is en dinge geweldadig raak.
Dit sal NIE beter gaan of verander nie.
Om te bly sal jou lewe in ‘n lewende hel omskep, met nagevolge wat niks of niemand sal spaar of ontsien nie.

Jy hoef net die radio aan te skakel of ‘n koerant oop te maak om die realiteit van jaloesie te besef.
Ek ken iemand wat meer as eenkeer in so ‘n huwelik en verhoudings betrokke was en eending is seker, die tekens en patroon was elke keer dieselfde.

Nou hoe beland jy weer en weer in dieselfde posisie ?
Deur nie ons instink te vertrou en te volg nie. Daarby is ons te geneig om elke keer vir ons maat se onaanvaarbare gedrag verskoning te maak.

Moet nie glo dat jaloesie ‘n teken van liefde is nie … dit is NIE !!

Volg jou instink en neem die dapper besluit … volgende keer mag te laat wees !

 

Julie Retief

082 412 3000

editor@hessequanews.co.za

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply