VERBRANDING VAN AFVAL IS ONWETTIG

Afvalverbranding is onwettig en niemand behalwe die munisipaliteit of ʼn persoon gemagtig deur die munisipaliteit mag enige vullis van enige perseel verwyder of daarvan wegdoen nie.

Vir plaasbewoners/eienaars is verbranding ‘n algemene daaglikse praktyk. Met die intree van afvalwetgewing in 2008 het dit elkeen se plig geword om besoedeling so ver moontlik te voorkom. Vullisverwydering in munisipale areas word as een van die belangrikste aspekte beskou vir die vooruitgang van volhoubare omgewingsbestuur.

Die munisipale verordeninge rakende WEGDOENING MET VASTE AFVAL bepaal die volgende:

Verpligte verbruik van diens
(1) Niemand behalwe die munisipaliteit of ʼn persoon gemagtig deur die munisipaliteit mag enige vullis van enige perseel verwyder of daarvan wegdoen nie.

(2) Elke eienaar van persele moet, waar ʼn diens gelewer word, gebruik maak van die diens wat deur die munisipaliteit voorsien word vir verwydering of wegdoen van vullis, ten opsigte van vullis wat vanaf sodanige perseel ontstaan.

(3) Die tarief vasgestel deur die munisipaliteit sal deur die eienaar aan die munisipaliteit betaalbaar wees, ongeag of van die diens gebruik gemaak word, al dan nie.

Verbranding van vullis:
Geen persoon mag afval sonder die skriftelike goedkeuring van die munisipaliteit brand nie.
Boete klousule beloop R500 per regulasie.

Hessequa Munisipaliteit lewer tans ʼn vullisverwyderingsdienste in die landelike areas van Gouritsmond, Stilbaai, Vermaaklikheid en Garcia gebiede.

Plaasbewoners/eienaar in die bogenoemde areas plaas hul vullis op ʼn roetine basis in beskikbare massa vullishouers langs hoofroetes en word vullis op die nege verskillende roetes langs paaie ten minste een keer per week verwyder.

Wetgewing is verpligtend en word plaasbewoners/eienaars versoek om nie afval te verbrand nie en die munisipale verordening na te kom.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply