TUIN-OP-DIE-BRAK

`8

 

Kom besoek hierdie absolute unieke projek. Daar is BAIE om te sien, te leer en te doen. Toegang is gratis. Kinders sal hulle ook kan verlustig by die sonwyser, die labarint, die speel area, die hink-spring baan, die balanseer area en so meer. Vir die meer volwassenes is dit ‘n botanies-korrekte tuin, wat BAIE inligting verskaf, soos byvoorbeeld by die eetbare- en medisinale plante afdeling, die wordende rots-gesteentes roete, die vleiland en vele ander fokuspunte.

. Die pragtige paadjies is rolstoel-vriendelik en die waterval in die “Lions Braille Trail” se klanke (4 verskillende klanke) verskerp die rustigheid wat ‘n besoek aan hierdie unieke tuin absoluut die moeite werd maak !

Die TodB is nou al 8 jaar in ontwikkeling en die
bestuurskomitee be-oog om die tuin VOLTOOI te hê teen die einde van 2015 !
Die TodB het reeds 228 fynbosspesies wat gevestig is, 16 waarvan op die “rooi datalys” van hoogs bedreigde plantspesies is.

Die Fynbos van die Hessequa omgewing is uniek daarin dat dit die sogenaamde “kalkrant fynbos” is. Al die res van die fynbos in Suid-Afrika is op suur
gronde, in teenstelling met die kalkrant-fynbos wat
op “soet” gronde voorkom.

Die nuwe geboutjie in wording (nou genaamd die
“skulphuisie”) aan die noordelike kant is uniek, aangesien daar nêrens elders in die wêreld so ‘n dakkonstruksie bestaan nie. Die ontwerp is gepatenteer deur Anton dun Toit, ‘n argitek van Riversdal. Die dak is gebou en opgerig deur Dr Chris Heese (en helpers, soos Fanie Botha en André West), voorsitter van die Hessequa Argeologiese Vereniging en ‘n stoere ondersteuner van die TodB. Die argitekstekenaar is ons eie Charl Haupt van Impak Ontwerpers, Stilbaai. Die gebou self gaan binnekort opgerig word deur WAD Konstruksie van Stilbaai.
Die hele tuin is ontwerp deur die “Vader van landskapsargitektuur in Suid-Afrika” Prof Ben Farrell. Sy dogter Berdene Farrell het ook bygedra met die ontwerp van die “Blarebeeld en die Ruik-en-Raakroete.

Die absolute dryfveer agter 8 jaar se harde werk in die skep van hierdie fynbospark is die van Naomi van Schalkwyk en met baie hulp van haar man Schalk, met die onbaatsugtige bystand van die afgetrede magistraat Frik van Rhyn en onlangs van die ingenieur Jan Steyn. Vele ander het ook deur die jare hulle arbeid en vernuf GRATIS ingespan. Name soos Patric & Alice Duddy, Faan van Wyk, Marié Heese, Mike Steytler, Philip Claassens, Phil Scheffer en baie ander kan trots wees op wat reeds vermag is.

Die Bestuurskomitee van die Tuin-op-die-Brak Vereniging kom op ‘n maandelikse basis in ‘n formele vergadering bymekaar, waar ALLE aspekte van die ontwikkeling van hierdie munisiplale bate bespreek en op besluit word.

Deur al die jare is die ontwikkeling van hierdie lap aarde wat aan die munisipaliteit behoort, deurgaans ondersteun deur vele donasies en geldelike bewilliging deur die Hessequa Munisipaliteit.

Die Tuin-op-die-Brak het reeds die erkenning van dieWeskaapse Regering ontvang in die vorm van ‘n aansienlike geldelike bydrae om hierdie projek te kan voltooi.

Die Tuin-op-die-Brak Fynbos park is ‘n klassieke
voorbeeld van ‘n “Public Private Partnership” – tussen ‘n groep gemotiveerde inwoners van Stilbaai en die lokale Munisipaliteit. Ë

GUINNESS WERELDREKORD VIR ALBERTINIA

17

 

In Junie 2014 het Nina Mather en agtien dames begin om te werk aan ‘n poging om die wêreld se grootste trui te brei. Die groep het ‘n paar “hande” bygekry en kort daarna het 22 dames elke Woensdag in die Albertinia se stadsaal bymekaar gekom om te brei.

Na baie harde werk is die trui teen die einde van 2014 klaar en is die bewys stukke aanmekaar gesit en aan Guinness gestuur. Die trui is in die kleure van die landsvlag gebrei.

Die proses van wag het begin, maar dit het nie die dames ontsenu nie. Hulle het voortgegaan om elke Woensdag bymekaar te kom om te brei, met die doel om fondse in te samel vir hulle sertifikate, sou hulle slaag om die wêreld record te breek.

Hulle brei sedertdien onder die naam “Bee Unique”, wat baie paslik is vir hierdie unieke dames, wat voorwaar ‘n voorbeeld is van deursettings vermoë en vasberadenheid om in hule doelwitte te slaag.
Guinness World Records het op 25 Augustus vir die voorsitter van Albertinia Toerisme, Jeff Gibson, laat weet dat die dames nou die rekordhouers is. Daar is toe met die brei projekleier – Nina Mather – gesels en besluit is geneem om die nuus tot die volgende Woensdag stil te hou.

Agter die skerms is daar baie dinge gereel en die dames het op 2 September die nuus ontvang. Hulle het ‘n heerlike Shampanje maaltyd geniet en is nou vuur en vlam om die volgende uitdaging te pak.

Bestellings – of besigtiging – van hulle breiwerk kan gereel word deur Nina te skakel by 083 338 6133

UITNODIGING NA AFRIFORUM SE BOOMPLANTDAG

Afriforum het dit goedgevind om die tradisionele boomplantdag wat elke jaar in September plaasvind, te verleng tot boomplantmaand, sodat sy takke landswyd die geleentheid sal benut om hul eie boomplantdag te hou. In die proses word verwag dat meer as 1000 bome regoor die land geplant sal word.

Hier op Stilbaai beoog ons om op 11 Sep 2015 ‘n boomplantdag te hou waar soveel moontlik bome te Jagersbosch geplant sal word. U word uitgenooi om aan die geleentheid deel te neem deur self u boom of bome te kom plant. Laat weet my asb van u voorneme, asook hoeveel bome u beoog om te kom plant. Ë

KENNISGEWING – HESSEQUA BESIGHEIDS GIDS

Alle Belangstellendes,

Hessequa Munisipaliteit is in die proses om ‘n besigheidsgids met kontak besonderhde van plaaslike besighede saam te stel. Alle bestaande eienaars van aktiewe besighede word vriendelik uitgenooi om informasie in hierdie brosjure te laat publiseer.

Diegene wat daarin belangstel om van hierdie gratis bemarkings geleentheid gebruik te maak, moet asseblief alle informasie inhandig voor-of op Maandag, 7 September 2015.

Vir verdere navrae kontak asseblief vir Jolanda Hendricks by 028 713 7953, of stuur ‘n e-pos na jolanda@hessequa.gov.za

J Jacobs
Munisipale Bestuurder