Busy Lizzie Tuinbouklub

15

 

Die Busy Lizzie se maandelikse vergadering was op Dinsdag 18 Augustus aan huis van Manie en Annette Smit Kinkelbossteeg 4. Die Smit huisgesin is liefhebbers van, en kweek orgidiëe. Hulle het die pragtige fotos wat hulle by al die orgidieëskoue wat hulle deur die jare bygewoon het, met ons gedeel. Daar was ook fotos van die Nasionale Orgidieëskou verlede jaar in Sandton.

Saam met die fotos het die Smits ons verduidelik waarna om te kyk en ons kon tussendeur vrae vra. Dit is ongelooflik mooi om die oorvloed blomme van die verskeie spesies te sien. Sommige met hulle stringe ragfyn blommetjies tot die kleursamestellings van ander waaroor ‘n mens net kan droom. Na die fotovertoning op die skerm kon die lede die Smits se eie versameling orgidiëe in hulle kweekhuis besigtig.

Ons Klub se dank aan die gasheer en gasvou met die beskikbaar stelling van hulle huis en al die toepaslike inligting deur hulle so vryelik met ons gedeel. Ë

UPGRADING – STILBAAI ROAD FROM N2

Tenders are in the process to be adjudicated and it is expected that the contract will be awarded in November 2015. Construction will commence immediately after the January 2016 school holidays. The contract period is 23 months.

HAWELOSES/BOSLAPERS/BEDELAARS/
SMOUSE
Na aanleiding van die veradering wat plaasgevind het wil ons graag die volgende onder u aandag bring:
Moet onder GEEN omstandighede enige geld, kos of klere aan hierdie persone gee nie. Tot tyd en wyl ander reëlings gefinaliseer is, stel ons graag die volgende voor:
· Indien hul kos vra, verwys hulle na Badisa. Hul kantoor is agter die NG Kerk.
· Indien hulle geld vra vir vervoer na Riversdal of waarheen ookal, verwys hul na die plaaslike SAPD kantoor. Hulle dra kennis van geleenthede uit die dorp uit.
· Indien u wel donasies wil maak, kan u dit by Badisa gaan inhandig.
· Indien u onder enige omstandighede ge-intimideerd voel, skakel onverwyld die SAPD by 028 754 6100.
Smouse mag slegs in afgebakende gebiede handel dryf. U moet asseblief onder geen omstandighede enige smouse ondersteun wat van deur tot deur gaan nie.
Moet asseblief nie instansies van buite die dorp ondersteun wat van deur tot deur beweeg met kollekte lyste nie. Ondersteun eerder plaaslik.
Hierdie boodskap moet asseblief so wyd as moontlik gekommunikeer word.
Following the meeting that took place regarding the matter, we would like to bring the following to your attention:
Under NO circumstances any money food or clothes must be given to these people. Until such time that other arrangements have been finalized, we suggest the following:
· If they ask for food, refer them to Badisa. Their office is behind the NG Church.
· If they ask for money for transport to Riversdale or where ever, refer them to the local police station. They have knowledge of lifts out of town.
· If you wish to make donations, please submit them to Badisa.
· If you feel under any circumstances intimidated, call the police immediately on 028 754 6100.
Vendors should only trade within demarcated areas. You must under no circumstances support any of them going from door to door.
Please do not support institutions from outside our area who goes around with collection forms for what so ever good case. Kindly inform them that we support locally.

This message must be communicated as widely as possible. Ë

BESIGHEIDS FOKUS – CEILING & DECOR

12

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Plafon en Droëmuur spesialiste

Wanneer het u besigheid begin?
Het in 2004 as n` spesialis Plafon en Droëmuur kontrakteur begin en in 2009 n` spesialis “plafonwinkel” in Bloemfontein geopen.Ons het gedurende 2014 na Stilbaai verhuis en die behoefte in die streek gewaarmerk waarna ons op 14 September 2014 Ceiling & Decor geopen het.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Die gebrek aan kennis en insae van hoe belangrik n` plafon werklik is asook die verskillende tipe plafonne en bybehore daar is ,is n` landswye tendens (Dit is die grootste sigbare oppervlakte van enige vertrek—Hoekom dit afskeep)

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Alle huidige/toekomstige
huiseienaars,ontwikkellaars,bouers en argitekte

Watter produkte/dienste bied u aan?
Ons spesiaaliseer in PVC
plafonne,Kroonlyste,Dado reëlings asook Plafonrose.Ons kan ook behulpsaam wees met die ontwerp en installasie van “Bulkheads”, pleisterplafonne , Hangplafonne, asook Droëmure. Ons doen gratis opmetings en ons raad is ook gratis.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons is spesialiste in die gebied van die installeering asook die verskaffing van alle plafon dekoratiewe toebehore.

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies
Het talle groot kontrakte regoor die land gedoen, en het goeie verwysings van die werk wat ons afgehandel het.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Ons is nie net goed in wat ons doen nie ons gaan uit ons pad om die kliënt tevrede te stel.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat ……………..”
Dat klieënt tevredenheid ten alle tye en koste die belangrikste is.
Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Building or renovating your home or office then don’t forget the CEILINGS!!.

Kontak besonderhede:
Brian & Alida Clark
078 357 1956

Ceiling & Decor