PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK | Kotie Cilliers – Harcourts

15

Naam en Van
Kotie Cilliers

U huidige beroep?
Prinsipaal Harcourts Stilbaai.

Hoe lank woon u al in Stilbaai
10 Gelukkige Jare.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Boeke.!!! Ek is die plaaslike Biblioteek se grootste ondersteuner. Ek is baie lief vir lees.

Wat is die een fliek wat jou altyd laat lag?
Semi Soet. Mooi verhaal met baie humor.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek skilder graag , maar omdat ek nie die skilderye verkoop, sal ek sê dat dit vir my nutteloos is, maar ek geniet dit baie.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Gerrie Pretoruis van die joernaal program LEEF JOU REIS. Ek dink dit moet wonderlik wees om in werkverband al die Vreemde plekke en mense te ontdek en te ondersoek. Ek is baie lief vir die natuur en hou van die avontuur wat daarmee saamgaan.

Watter boek lees jy tans?
Laat daar ruimte wees – Mara Prinsloo.
As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal dit definitief in eiendomme belê. Ek dink ons betree nou weer ‘n goeie groei tydperk.

Ek verlaat nooit my huis sonder …….
Dat my hare gedoen is en ek grimering aan het nie.

Jou gunsteling restaurant en gereg ?
In Stilbaai is my gunsteling restaurant: On The Rocks!!!!!
My Gunsteling gereg is die Cheddermelt Steak

Wat is jou gunsteling vakansieplek?
Mauritius. Ek is mal oor die tropiese eilandgevoel , die mooiste natuur, wit strande, snorkel en die onderwater lewe.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.

Ek is gebore in Vanderbijlpark en het my skoolloopbaan in Meyerton by Hoërskool DR. MALAN voltooi. Ek is 38 jaar gelede met my skoolliefde Piet Cilliers getroud en ons is geseën met 2 kinders. Sarel 36 en Drienie 34 en 4 kleinkinders.
Ek hou van visvang en reis as die geleentheid hom voordoen
Vir DEFY het ek 6 jaar die kookskool bestuur en klas gegee.
Ek was 14 jaar die alleeneienaar van Vaal Potteries Kantien in Meyerton en het elke dag aan honderde mense kos voorsien.
Ek betree die eiendomsmark in 1998 en ontdek dat ek hou van Mense en om hulle gelukkig te maak betreffende die koop en verkoop van hul eiendomme. Ek het die Eiendoms Raadsekamen,, NQF 4 En 5 gedoen asook PDE 5. Sedert 2012 is ek mede-eienaar en Prinsipaal van Harcourts Stilbaai.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Stilbaai?
Stilbaai is ‘n unike dorp, enig in sy soort met die mooiste natuurskoon, son, see, rivier en vredeliewende inwoners. Ek wil ‘n beroep op al die inwoners doen om ons dorp te koester en te bewaar vir ons nageslag.

 

BUSINESS FOCUS | PSG RIVERSDAL

13

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
PSG is ‘n toonaangewende onafhanklike finansiële dienste maatskappy. PSG bied ‘n unieke gehalte- georiënteerde benadering ten opsigte van kliënte se finansiële behoeftes. Alles wat ons aanpak word gedoen vanuit die fundamentele beginsels van ons besigheid: Integriteit, vertroue en deursigtigheid. Ons fokus op persoonlike diens en die vestiging van lewenslange verhoudinge met ons kliënte.

Wanneer het u besigheid begin?
In 1997 het Willem Theron, ons huidige voorsittter, en Wallie Krumm, voormalige direkteur en vinder van PSG Konsult, die besigheidsmodel bespreek waarop PSG Konsult gebou is in ‘n koffie winkel in Hermanus. PSG Konsult was in vol operasie teen September 1998, met 7 takke regoor Suid-Afrika. Die groep se netwerk van kantore het uitgekring tot 70 takke regoor Suid-Afrika teen die einde van 2002.PSG het gegroei tot ‘n besigheid met naby aan 200 takke, met meer as 600 adviseurs wat meer as 150 000 kliënte het, en met meer as R112 biljoen in bates onder bestuur. PSG Konsult is in Junie en Julie 2014 op die Johannesburgse en Namibiese Aandele Beurs genoteer onderskeidelik, met n mark kapitalisering van meer as R9 biljoen. Die PSG Riversdal tak het Maart 2014 begin as een van bogenoemde amper 200 takke.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
PSG kan waarde voeg tot basies die hele gemeenskap. Met die wye reeks van produkte en dienste kan kliënte voordeel trek van kleuter tot reeds afgetrede.Ons kliënte is vir ons prioriteit.
Ons onderneem om ons kliënte te adviseer te alle tye met die hoogste vlak van integriteit, professionele kennis en ywer.
Watter produkte/dienste bied u aan?
PSG bied n wye reeks finansiële produkte en dienste aan, waarvan finansiële beplanning, beleggings, portefeuljebestuur, korttermynversekering, testament- en trustdienste en werknemersvoordele baie opsommend is.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Kreatiwitiet en innovasie is die hart van ons besigheidsmodel. Ons mikpunt is om deurentyd nuwe tendense en potensiële risikos te identifiseer. Om in die toekoms te voorspel en te verstaan, verseker dat ons nie gevange gehou word tot kort termyn begrotings en huidige organisasie structure nie. Ons gryp enige verandering wat nuwe inligting vereis aan.

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies
Dit word gesien as n groot prestasie en hoogtepunt om ‘n PSG kantoor in Riversdal te kon oopmaak.
Die huidige en toekomstige kliënte is die sukses wat bydrae tot die groot prentjie.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Ons benadering in geheel is gevestig op die bou van multi-generasie verhoudings met families of lang termyn bande met organisasies wie ons diens. Ons glo daarin dat uitstaande lang-termyn diens afhanklik is van opgeleide en betroubare personeel, asook uitstekende platforms en stelsels. Ons streef na uitnemendheid in beide areas.

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”

Ons as PSG Riversdal sal voortbou op die sterk PSG fondasie, en aanpas by veranderinge en vooruitsigte.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?

Hoe beter jy beplan, en hoe gouer jy begin, hoe beter sal jou toekoms wees.

Dirk 083 297 7340
Elsabe 082 574 0546

12

You are what you eat!

11

Do you just trust your doctor? Why not get his opinion and diagnosis and then you do your own research and decide how you will help your body to heal itself. Yes, your body can heal itself that is how it is designed. It just needs the right environment and building blocks to function in the perfect balanced order. Knowledge is Power…

Die siekte wat jy het, word veroorsaak deur die kos wat jy eet.
Jy is verantwoordelik vir jou eie gesondheidstoestand.
Jy het `n verantwoordelikheid, dis jou jou plig om jouself toe te rus met die nodige kennis om jou liggaam te help om optimaal te functioneer.

Life is a privilege, not a right….
Lewe is a voorreg, `n geskenk, en dit is jou verantwoordelikheid hoe jy dit leef.
Alle lewenstylsiektes kan voorkom word en genees word. Voeding, kos is een van die hoof oorsake vir meeste van ons siektes en ongesteldhede in hierdie tyd. As ons oor gesondheid dink, dan dink ons dit is die doktor of apteker se verantwoordelikheid om my te genees en gesond te hou, wel, die waarheid is dat alle medisyne (drugs/dwelmmiddels) net die simptome probeer behandel, maar nie jou liggaam genees nie en die newe effekte kan baie meer en erger as die eintlike simptome oor die langduur wees. Jou liggaam het die perfekte meganismes en sisteme in plek om jou te beskerm en gesond te hou, maar wanneer jy jou liggaam ontneem van “kos”, natuurlike voeding, dan begin ding sleg skeefloop en jy ontwikkel sekere simptome wat weer ander kwale veroorsaak.

Kanker, een van die gevreeste “siektes” van ons tyd! “Cancer is a word, not a death sentense…!” Daar is hoop. Kanker is net `n waarskuwingslig van die siekte toestand van jou liggaam. Daarom kan kanker nooit uitgesny word nie, en dit kom baie keer terug na `n paar jaar, as die oorsprong van die siektetoestand in die ligaam nie hanteer en aangespreek is nie. Volkome genesing is in jou bereik, `n beter kwaliteit lewe sonder kroniese medikasie is moontlik! Daar is hoop, jou gesondheid is in jou hande. Neem aksie en besluite wat tot `n beter kwaliteit lewe sal lei. Begin vandag, skakel dit wat jy weet wat nadelig is vir jou gesondheid uit, en begin iets doen wat jou liggaam nodig het om in die perfekte balans te funksioneer. Jy gaan beter voel, meer energie he en lus vir die lewe. “Life is worth living!” Kontak ons gerus met enige navrae om jou by te staan om `n ingeligte besluit te maak. Die natuurlike wyse is beter…Jou gesondheid, jou verantwoordelikheid.
Gesonde groete, Wellness & Lifestyle Centre Stilbaai.

Tel: 028 754 3736
E: stilbaai@healingtrtuh.co.za
www.healingtrtuh.co.za

10