GOLFBORGDAG-UITSLAE

article-pic-1

Die eerste wenner was John Brink, 2de Niel Stegman, 3de Dave Gravett, 4de Brian Anley en 5de Louis Vermaak.
Die volgende borge word hartlik bedank vir hul ondersteuning en bydraes: Stilbaai Verspreiders,Blombos Apteek, Stilbaai Diereklimiek,Tabeel, Joubert Oogkundiges, Kasselshoop, Boshoff Visser, Riversdal Toyota,Stilbaai Slaghuis, Stilbaai Spar, Kloof Houtwerke, Rita Joubert, Nedbank en OK Grocer.

BUSY LIZZIE HUIS- EN TUINBOUKLUB

article-pic-1

Die jaarlikse fondsinsamelings funksie gereel deur die Busy Lizzie Huis-en Tuinbouklub Stilbaai ten bate van Huis Stilbaai en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum, was vanjaar die aand van Dinsdag 13 September. Die gemeenskapsaal van Stilbaai was volgepak met 247 gaste. Die keurig gedekte tafels vir die driegang maaltyd was prentjiemooi. Dave Pepler se vertellings aan die hand van fotos op ‘n groot skerm was insiggewend en met humor belaai.  Groot dank aan al ons borge. Sonder julle onderskye bydraes sou ons nooit hierdie projek kon aanpak nie. Dit het die inwoners van Stilbaai die geleentheid gebied om ‘n wonderlike aand van vertellings van Dave Pepler te geniet. Belangrikste van alles is dat die  Bussy Lizzies weereens ‘n noodsaaklike bydrae kan maak aan beide Huis Stilbaai en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum. Die ander fotos volg. Die vol saal gaste, asook Boesman Keyser wat gesorg het vir die saxofoonmusiek.

BESIGHEIDSEIENAARS

article-pic-1

Daar is tans ‘n uitgebreide werk wat gedoen word in die Stilbaai Sakesentrum om die waterpypstelsel op te gradeer van asbespype na plastiekpype. Die kontrakteur wat aangestel is se oorspronklike voltooingsdatum was die einde van Augustus, maar soos die taak gevorder het, het Hessequa Munisipaliteit se ingenieurs die voltooingsdatum uitgestel na einde September a.g.v. onvoorsiene uitdagings met die projek. Die kontrak bevat n “penalty clause”, so die kontrakteur is self haastig om die projek binne die voorgeskrewe tyd te voltooi en oorhandig aan Hessequa Munisipaliteit.
Die Stilbaai Sakekamer is bewus van die impak wat die projek op besighede het en die indruk wat geskep word in die sakesektor. Ons onderneem om die besighede op hoogte te hou van verwikkelinge soos die projek vorder.

There is currently extensive work being done in the Stilbaai business district to convert the old water pipe system from asbestos to plastic pipes. The original agreement with the contractor was that the date of completion was the end of August. As the project progressed, unforeseen delays called for the engineers department of Hessequa municipality to extend the project until the end of September.
The contractor is bound by a penalty clause should the project not be handed over to the municipality within the stipulated time. As a result the contractor is also eager to finish the project.
The SSK is aware of the impact this project has had on business as well as the negative impression it gives of Stilbaai’s CBD. The SSK undertakes to keep its members informed of progress as the project nears completion.

KOFFIEHUISKONSERT EN BASAAR

article-pic-1

Die N G Gemeente, Stilbaai beplan met groot entoesiasme ‘n Kerkbasaar vir Saterdag 1 Oktober in die Gemeenskapsaal.

As voorloper tot die basaar word ‘n Koffiehuiskonsert aangebied op Vrydagaand, 30 September in die Kerksaal aan die Oostekant. 
Die kerkbasaar is altyd ‘n gesellige gedoente en inwoners kan gerus hierdie grootse fondsinsamelingspoging ondersteun en kom deel in die pret.

Skakel Heidi by die Kerkkantoor vir verdere navrae : 028 754-1705