LIFE… with Elsa- Why think about enhancing your business with NLP?

Why think about enhancing your business with NLP?

Some people are in business because it’s their passion. Others are simply doing it for the money or passing time.

Whatever the reason might be for being in business, it’s important to always have an enhancement-like mindset towards your business.
First things first;

Find the balance between your passion and making profit or passing time and making profit. This balance is crucial when developing your business.

What does ‘Enhance your business with NLP’ entail?

Stage 1. Identifying the blockages preventing success / growth.
The reason for a business consulting with a Master NLP practitioner would be to help the business grow, make more money, improve staff performance, enhance confidence etc.

As a Master NLP Coach, looking out of a study of Public Relations, Communications & Business Management, I am of the opinion that the secret to having a successful business is inside of us all, we just need to be brave enough to access / enhance / find it.

I specialise in determining what hinders the accessing / enhancing / finding process as well as removing it.
In order for the above stage to be successful, trust and building rapport, is essential.

That’s why I always recommend an introduction meeting to test whether the business / client and I are compatible.
Even though the target is to enhance the business, I start with the owner / employer first, and only if necessary will move on to the rest of the employees.

Stage 2. Business Coaching and Business Developing.
After identifying and removing the blockages, the business needs to be steered in a new direction to ensure the business benefits with all the new qualities installed.

This is something that the business can implement themselves, but I prefer to assist in this because it ensures client satisfaction, thoroughness, efficiency and success.

 

Stage 3. Marketing Strategies
After stage one and two, a review of the business’ current marketing strategies are necessary to ensure the goals set are met.

 

Stage 4. Staff / Leadership / Skills Development.
This is not applicable to all businesses, but will be explored to make sure everything is in place for the business to reach its new destined heights!

Benefits of Enhancing your business with NLP?
· Increased Productivity on various levels
· Confident / Well Balanced People
· Make more money = 86% Increase on your
investment when using a Master NLP
Practitioner.
· Reaching the business’ potential / new heights

For more information on these stages please visit www.takealeapcoaching.com

GLO EN VOLHART

LEES : Hebreërs 12 12:1 – 3 en 18 – 29

Dit is soms maklik om met ‘n projek te begin, maar die toets kom of jy kan aanhou. Maklik om te begin oefen, maar om vol te hou, verg baie krag en uithouvermoë.

In Hebreërs 12 kom daar ‘n reeks dringende wekroepe tot volharding, totdat die doel van die geloof bereik is. Al die mense uit die Ou Testament wat in Hebreërs 11 genoem word, het nie net geglo nie, maar ook volhard. Die woord vir volhard beteken om ‘n baie swaar las te dra, sonder om onder die las te struikel. Om dit te illustreer word die beeld van ‘n maraton atleet gebruik in die eerste verse van hoofstuk 12.

Ons is soos die atleet op die hindernisbaan, terwyl die skare van gelowiges wat in die Here gesterf het (hoofstuk 11), ons aanmoedig. Met die lang kleed wat mense daardie tyd gedra het, kon jy nie aan wedlope deelneem nie. Daarom moes jy die kleed uittrek voor die wedloop. Niks mag jou hinder in die wedloop nie.

Die uitnemenste voorbeeld van volharding is ons Here Jesus Christus wat die wedloop voltooi het, deur selfs die dood van die kruis te verduur sonder om vir die skande om aan die vloekhout te hang, terug te deins.

Hoe lyk dit as jy die wenpaal bereik? Dit word beskryf Hebreërs 12: 22-24. Vers 18 stel dat ons nie gekom het by ‘n tasbare berg, Sinai soos Israel nie, maar stel vers 22 dit: Ons het gekom by Sionsberg. Ons wat die wenpaal bereik, het nie gekom by die berg van die wet nie. Ons het gekom by die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, die vergadering van hulle wie se name in die hemel opgeteken is.

Juis daarom moet ons in die geloof in Jesus Christus volhard, aanhou ondanks die swaar vrag van die lewe en so die wedloop van die lewe hardloop tot by die wenpaal. Die uiteinde van die wedloop is ‘n lewe sonder einde by God.

Ds. Peet Coetzee
Gereformeerde Kerk Stilbaai (Reservoirstraat)

PERMANENT RESIDENTS PET REGISTRY:

Every year pets get parted from their owners for various reasons so, to assist in helping us locate you should your pet go astray, please complete our pet registry form @ http://www.sbap.co.za/news/

 

If we find stray dogs or cats we can reunite them with their owners far quicker if we have your information on record. This information is secure and will not be passed on to any third parties.

 

STILL BAY ANIMAL PROTECTION

BRUG MARK:
If you are not aware already, we are available at the Brug Mark (where the flea market is at Christmas) and can discuss any animal concerns that you may have one on one. From time to time we’ll also have things to sell to raise funds and of course we have never been known to refuse donations of any size and we’ll always thank you with a smile!!

Coming soon is Christmas in July and we’ll have some pretty decent Indian Curries available!

Some Hot and Some Not plus Pilau Rice – Take Away or Eat as you Roam!
I’ll even make some of my Hot, Hot, Hot Vindaloo!
Keep the 21st of July free!!
(Jim Mahoney)

 

PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Esmarie Maré

 

U huidige beroep?
Narratiewe gesinsterapeut en Mediator.

Wat motiveer jou?
Wanneer ek iemand kan bemagtig om weer hoop te hê.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Iemand se storie.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Om met my nuwe iphone in my broeksak die see in te storm om my kleinkinders te keer om te diep in te gaan. Nodeloos om te sê dit was die einde van daardie iphone !

As jy en persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Prof Yolanda Dreyer se Praktiese Teologie-taak wat sy doen met soveel helder insig en wonderlike leiding. Sy leer jou wyer dink.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Ek is n jaar te vroeg skool toe en toe ek op hoërskool kom, was daar net ‘n paar meisies onder 13. Al het ek hoe daarteen gestry, het my skoolhoof-pa my gedwing om aan die atletiek deel te neem . Ek het aangetree en het net meisies by my sien verbyhardloop en ver heel laaste gekom terwyl so baie vir my gelag het. Ek het sommer aangehou hardloop tot agter die paviljoen.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal onmiddellik vir 4-6 maande in Italië gaan bly op ‘n plek waar niemand Engels kan paat nie, sodat ek gedwing sal wees om Italiaans te moet praat. Sou daar geld oorbly, sou ek graag my familie en vriende wou bederf met iets spesiaals.

Het jy stokperdjies en/of wat is jou belangstellings?
Enige tipe musiek waarvan die wysie en lirieke en ritme dieselfde sê. Ek hou daarvan om voortdurend kennis te neem van nuwe maniere van dink, mense te help loskom van sosiale konstrukte wat hulle verlam. Ek neem graag foto’s, lees, reis, onthaal en sing graag.

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Spesiale geregte by Illyria House in Pretoria.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Dat almal wat pyn het daarvan verlos kan word.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek hou van mense al sou hulle anders dink as ekself, hou van nuwe uitdagings, leer graag nuwe dinge, is baie sentimenteel oor klein liefdesgebare van mense, ruim graag kuiertyd met vriende in.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Geniet julle wonderlike natuur. Moenie in dispute verval, blaam uitdeel en vyande maak nie. Maak van ‘n mediator se dienste gebruik vir ‘n wen-wen situasie en fokus daarop om probleme in geleenthede te omskep.

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Ek luister graag na acapella sang, lees graag, probeer Italiaans onder die knie kry, stap en hou van kuier.