PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK- Louis Aucamp

U huidige beroep?
Tegniese en finansiële Konsultant

Wat motiveer jou?
Uitdagings

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Enige geskiedkundige gebeurtenis

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Wat ek gereeld doen is om iets te gaan koop soos bv klere die regte grote/maak/kleur ens. Uit te kies en dan by die huis uit te vind dat ek die kleiner of groter of soort gelyke artikel geneem en betaal het.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Johann Rupert. Ek beskou sy Pa Anton as een van die mees uitstaande Afrikaners en sal baie graag wil werk in die omgewing en nalatenskap wat hy geskep het in die besigheids wêreld.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
By ‘n groot staats instansie waar ek gewerk het was die hele gebou oop plan en daar was groot koffie/eet areas op elke vloer. Etens tye en so aan was die geriewe baie besig. Ek het ‘n vroulike kollega gehad wat redelik breed van figuur was. Die spesifieke dag het sy ‘n broekpak met breë horisontale strepe (blou, bruin en oranje) aan gehad. Ek en ‘n vriend was aan die oorkant van die area en ek se vir hom “as ek so ‘n groot gat gehad het sal ek dit nie nog onderstreep nie”. Nou ja dis toe ou Niek sy “magic” doen en die hele plek ‘n oomblik van stilte beleef en my aanmerking trek soos ‘n “stage whisper” oor die hele vertrek. Ek is nooit daarvoor vergewe nie en was natuurlik rooi van skaamte.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Skuld betaal of ‘n nuwe kar koop. NAW spandeer dit op ‘n groot vakansie!!!!

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
‘n sakdoek

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Leipoldt se skaapvleis tamatie bredie. La Petite Ferme en Haute Cabriere in Franshoek

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Om soos die impresioniste te kan skilder
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is lief vir lekker eet en wynproe. Ek lief balet en klasieke dans. Ek lees baie geskiedenis en “science fantasy”. Ek kyk graag sokker en krieket en oja ek verpes rugby.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Raak betrokke by bewarings aangeleenthede.

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Lees.
Tel: 082 459 4862

HANNELIE GEE OM/DIE KOSPAKKIE

Hannelie Gee Om” het saam met Abrina4858 gesmelt en staan ons nou amptelik bekend as “DIE KOSPAKKIE”. Hanlie is die Projekbestuurder van die Suid-Kaap (Hessequa & Eden streek). Sy doen dit gratis en ontvang GEEN betaling nie.HULLE BENODIG BAIE, BAIE DRINGEND AFSET-PUNTE* (“DROP OFF POINTS”)!!!
Persone of besighede wat vir ons kan dien as afset-punte (“drop off points”) waar die publiek skenkings en donasie heen kan neem. Want ons kan ongelukkig nie elke dag op en af ry om net een pakkie te gaan haal nie. Ons kom haal dit dan elke 4 tot 6 weke OF indien dit baie is nog vroeër. Dit is ideaal vir besighede om meer voete na hulle besighede te lok. Ons benodig veral afset punte (“drop off points” persoon of besigheid) in Riversdal-area, Gouritsmond, Mosselbaai-area en George-area waar die publiek skenkings heen kan neem. Indien jy of iemand wat jy ken ’n afset punt wil wees, stuur asb. vir my ’n e-pos na: hannelie.skenkings@gmail.com en merk dit as “WIL AFSET PUNT WORD.”
Ons het reeds die volgende afset-punte:
Albertinia: Hannelie Gee Om (Hannelie OF Rina Pretorius), Adres: LENIEHOF NR 5, KERKSTR 32, ALBERTINIA, Tel: 073 543 8778 (skakel net om te bevestig of ek by die huis is asb.) E-pos: hannelie.skenkings@gmail.com
Stilbaai: Chrisna Uys, Adres: Bellevue Resort, Oslerstr. 8, Stilbaai-Oos, Tel: 028 754 1505, Tye: Maandae tot Vrydae vanaf 09h00 – 12h00 en 14h00 – 16h00,
Ons benodig veral in die volgende dorpe/area/gebiede:
Riversdal
Gouritsmond
Vleesbaai
Danabaai/Mosselbaai/Hartenbos/Reebok/
Tegniet
Glentana/Klein Brak Rivier/Groot Brak Rivier
George/Wildernis
ONS BENODIG OOK BAIE, BAIE DRINGEND VRYWILLIGERS (“VOLUNTEERS”)!!!
Persone moet BAIE eerlik en betroubaar wees. Finansieel standvastig, want die persone word nie betaal om hierdie liefdesdaad te doen nie. Die persone benodig hulle eie selfoon, rekenaar met internet en eie vervoer. Dit behels om donasies & skenkings in te samel. Pakkies op te maak en dit dan by behoeftige gesinne (wat gekeur is) te gaan aflewer.
Ons moet ongelukkig die behoeftige gesinne/persone keur, want daar is nie genoeg skenkings vir al die gesinne/persone nie. Indien jy weet van gesin/persoon wat regtigwaar sukkel in jou omgewing, laat weet ons asb. sodat ons ook na die gesin/persoon kan uitreik om te help.
Neem asb. kennis van die kontak besonderhede vir die Suid-Kaap (Hessequa & Eden):

WHATSAPP NOMMER = 073 543 8778
E-POS ADRES = hannelie.skenkings@gmail.com
Daar is tans 90+ gesinne/persone in die Hessequa & Eden area wat by Die Kospakkie alleen ʼn kospakkie ontvang.
JUNIE 2017 PROJEK: Jeugdag Projek
Die volgende projek wat ons tans aanpak en julle hulp mee benodig is die “Jeugdag Projek” Ons beoog om die lekkergoed pakkies vir die kinders op die 15 & 16 Junie 2017 te gaan uitdeel tesame met ʼn kospakkie vir die ouers. Enige lekkergoed en skyfies is welkom.
Ons beoog om die volgende projekte as PERMANENTE PROJEKTE in te stel:
• Kos & Toiletware Pakkie Projek
• Skool-Toebroodjie-Projek
• Skool Sanitêreware Projek
• Gebottelde Water Projek
• Blokkies Wol Projek (Werkskeppings Projek)
• Munt-Bottel-Projek
Ons gaan net ’n klein bietjie van elke projek vertel, maar indien jy graag meer inligting wil bekom is jy meer as welkom om ons te kontak, want ons werskaf nog aan hierdie projekte, so daar mag dalk ’n paar kinkels in die kabels kom.
• Kos & Toiletware Pakkie:
Ons glo nie, ons hoef veel hieroor te sê nie, want die naam sê alles. Enige kos/voedsel (vars, gevries, geblik, enige iets is welkom – sien aangehegte kruideniersware lys as riglyn) en toiletware vir mans, dames, kinders is welkom. Ons vertel altyd vir die mense, dit wat jy in jou huis gebruik, dit is ook goed genoeg vir ’n skenking.
• Skool-Toebroodjie-Projek:
Ons het verneem dat daar by verskeie skole in Hessequa en Eden pouse toebroodjies uigetdeel aan minderbevoorregte kinders. Ons wil graag saam met hierdie dames werk en ook namens Die Kospakkie ook items soos margarien en ander smeersels bv. Grondboontjie botter (“Peanut Butter”), Marmite, Konfyt en so meer vir toebroodjies skenk.
•Skool Sanitêreware Projek:

Ons het ook van verskeie skole in Hessequa en Eden verneem dat daar ʼn projek is “hou ons dogters in die skool” en daar word aan behoeftige meisies sanitêreware, seep, waslap, deodorant, en so meer uitgedeel. Ons wil graag saam met hierdie dames wat die projek hanteer by skole werk en ook namens Die Kospakkie ook sanitêreware en toiletware skenk.
•Gebottelde Water Projek:

In die Hessequa-area is daar altyd so baie brande, nie net veldbrande nie, maar brande wat in huise en so meer ontstaan. Die brandbestryders het altyd ’n groot tenkwa met water, maar daardie water kan die brandbestryders nie drink nie, want dit kom gewoonlik uit rivier of damme uit. Daarom het ons besluit om hierdie projek op die been te bring, sodat daar altyd genoeg voorrade is en dat ’n mens nie op nommer 99 moet rondskarrel vir sulke items nie. Items wat ons hier benodig is soos volg: Gebottelde water (enige grootte), Koeldrank of energie drankies, Energie of sjokolade stafies, Oogdruppels
•Blokkies Wol Projek:
Ek en my ma het ’n projek begin in April 2016 genaamd HanRi Diere Kos & Kombersie Projek. Ons hekel blokkies van wol (20cm x 20cm OF A5 grootte). Jy kan ons ook help om blokkies te brei, te hekel of te “loom”. Jy kan die blokkies van enige wol maak en jy kan ook die blokkies enige patroon maak. As jy nie een van die drie kan doen nie, is jy ook meer as welkom om vir ons wol te skenk. Selfs ou wol items wat ons kan lostrek is ook meer as welkom. Die wol kan enige grootte, dikte, lengte, en so meer wees. Ons maak vir verskeie instansies kombersies soos byvoorbeeld Ecclesia663 (Riversdal/Stilbaai/Ladismith/Swellendam Diereklinieke) asook ander diereklinieke in die Hessequa & Eden streek asook vir meer inligting stuur gerus ’n e-pos stuur aan: hanri.diere.projekte@gmail.com
•Munt-Bottel-Projek:
Die naam sê alles! Jy kry ’n groterige bottel of blik en dan gooi jy al jou kleingeld daarin. Dan kan jy die inhoud van die bottel/blik vir Die Kospakkie skenk en daaruit gaan ons dan die nodige items koop wat ons dringend benodig vir hierdie gesinne. Jy is ook meer as welkom om self items daaruit te koop en aan ons te skenk. En op hierdie manier voel ’n mens dit nie so erg aan jou sak om ’n skenking te maak nie.
NUWE PROJEK: Madiba-Dag Projekte:
PROJEK 1: Die volgende projek wat ons tans aanpak en julle hulp mee benodig is die “Madiba-Dag Projek” Ons beoog om die lekkergoed pakkies vir die kinders die gedurende Julie 2017 te gaan. Enige lekkergoed (“sweets”) en skyfies (“chips”) is welkom.
PROJEK 2: Ons wil graag toiletware vir “trauma-kamers” skenk soos bv. by polisiekantore, hospitale, en so meer.
Inien julle enige navrae of voorstelle het, laat weet gerus. Vertel ook asb. vir julle vriende, familie, kollegas en so meer ook hiervan, want sonder julle hulp kan ons nie ’n sukses hiervan maak nie. Hou ook gerus ons Facebook blaaie “Hannelie Gee Om” of “Hessequa Kospakkie” of “Behoeftige Gesinne” dop vir enige nuwe projekte. Ons plaas ook gereeld daar die skenkings wat ons ontvang en ook wanneer ons dit gaan uitdeel die persoon se lyf met die skenking. Nogmaals baie duisende dankie!!!

Hannelie Pretorius (Albertinia)
Suid-Kaap Projek Bestuurder

ROOK BEROOF JOU GESONDHEID EN JOU BEURSIE

Tabakgebruik is ‘n bedreiging vir enige persoon, ongeag geslags-, ouderdom-, ras-, kulturele of opvoedkundige agtergrond, wat meer as 18 soorte kanker veroorsaak en verantwoordelik is vir meer as 20% van die kankersterftes wêreldwyd. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) pleit vir die stop van die gebruik van enige en alle tabakprodukte.

Tabak kan in baie vorme gevind word en alle tabakgebruik is skadelik. “Mense dink net aan sigaret rook wanneer mens van tabak praat, maar dis meer as net dit. Hulle moet bewus wees dat hubbly-bubbly en e-sigarette net so skadelik is vir jou gesondheid en die gesondheid van ander rondom jou. Dis nie net die roker wat ‘n verhoogde sterfterisiko het nie, maar ook die mense wat blootgestel word aan tweedehandse rook,” sê KANSA Gesondheidspesialis, Prof Michael Herbst.

Boonop die gesondheidsimplikasies, raak tabakprodukte al hoe duurder en veroorsaak ‘n groot negatiewe impak op die ekonomie. “Die tabak industrie produseer en bemark produkte wat voortydig miljoene mense doodmaak, huishoudings van finansies wat vir kos en onderwys gebruik kan word, beroof en enorme gesondheidsorgkoste op gesinne, gemeenskappe en lande oplê,” Dr Oleg Chestnov, Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) se Assistent Direkteur-Generaal vir Nie-Oordraagbare Siektes (NCD’s) en Geestesgesondheid.

“Daar is soveel meer wat jy met ‘n gemiddelde R30 per dag kan doen, in plaas daarvan om ‘n pakkie sigarette te koop. Het jy al daaraan gedink? Om een pakkie sigarette ‘n dag op te gee sal jou amper R1000 per maand? bespaar, wat op soveel beter maniere spandeer kan word, in plaas daarvan om jou gesondheid en die gesondheid van diè rondom jou, te belemmer. Die finansiële impak is enorm,” voeg Herbst by.

Hookah, of hubbly-bubbly gebruik is veral kommerwekkend onder die jeug. Die tabak is niks minder giftig in ‘n hookah pyp nie en die water in ‘n hookah filtreer nie die giftige chemikalieë uit die tabakrook nie. Hookah-rokers kan eintlik meer tabakrook inasem as sigaretrokers, omdat hulle groot volume rook in ‘n rooksessie inasem. In Suid-Afrika val hubbly en hubbly-verwante tabakprodukte onder die definisie van ‘tabakproduk’, soos aangedui in die Wysigingswet op Tabakproduktebeheer (2007). Dit beteken dat die gebruik en verkoop daarvan moet voldoen aan die regulasies wat van toepassing is op ‘n tabakproduk in die land. Dit sluit in die verbod op die verkoop van hookahs en hul produkte aan enigiemand onder die ouderdom van 18.

“Elektroniese sigarette en soortgelyke toestelle word gereeld as hulpmiddels bemark om op te hou rook, of as gesonder alternatiewe vir tabak. Dit is nie bewys nie en e-sigarette is nie ‘n beter alternatief as sigarette nie. Hulle bevat steeds skadelike chemikalieë en dit word eerder aanbeveel om op te hou rook deur bewese behandelings. KANSA het ‘n e-Kick Butt program wat help om op te hou rook (www.ekickbutt.org.za),” sê Herbst.

Ken die wet – jy het die reg tot ‘n rookvrye omgewing: KANSA het ‘n belangrike rol gespeel in die bydrae tot tabakbeheerwetgewing in Suid-Afrika. Elke persoon moet in staat wees om tabak-rookvrye lug in te asem. Rookvrye wette beskerm die gesondheid van nie-rokers.

· Wetgewing is baie duidelik oor waar mense mag rook en waar rook verbode is
· Dit is jou reg om te kla wanneer iemand in jou teenwoordigheid rook
· Dit is ook jou reg om remediërende stappe te neem as iemand rook in enige plek waar rook verbode is
· Volwassenes mag nie in ‘n motor rook as ‘n passasier onder 12 jaar teenwoordig is nie
· Rook word nie toegelaat in ‘n perseel (insluitende privaat huise) wat gebruik word vir kommersiële kinderaktiwiteite, soos kleuterskole, ens.
· Geen persoon onder 18 mag toegelaat word tot ‘n aangewese rookarea nie
· Geen rook in gedeeltelik afgeslote openbare plekke soos balkonne, bedekte stoepe, paaie, parkeerareas, ens.
· Die boete vir die eienaar van ‘n restaurant, kroeg en werksplek wat die rookwet verbreek, is hoogstens R50 000 en vir die individuele roker R500
· Die tabak industrie kan nie meer ‘virale’ bemarking soos partytjies gebruik om aan jongmense te bemark nie
· Die verkoop van tabakprodukte aan en deur persone onder die ouderdom van 18 jaar is verbode
· Sigaretverkoopmasjiene wat tabakprodukte verkoop, kan nie gebruik word om ander produkte soos skyfies, sjokolade, ens. te verkoop nie.

· Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 080 022 6622 of stuur ‘n epos aan info@cansa.org.za. Volg KANSA op Twitter: @CANSA, Instagram: @cancerassociactionofSouthAfrica en sluit aan by KANSA op Facebook: CANSAThe Cancer Association of SouthAfrica en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica

(Vir meer inligting, skakel asseblief vir Esti Lindner, Bemarking en Kommunikasie Koördineerder by KANSA. Epos: elindner@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of
sel: 072 529 6082. Besoek www.cansa.org.za of skakel KANSA tolvry 080 022 6622 of epos: info@cansa.org.za.)