BEJAARDE-BRIEFIE GEDIG DEUR BERNARD FIELIES

Jy’t my híér kom neergooi met grys en skete;
teen vretende verlange veg ek verbete…
Deur ‘n uitsiglose venster bly ek steeds staar,
in die hoop om ‘n welbekende te gewaar…

Ek voel verstoot, verlore en vreesbevange;
net my rolstoel se droë fluit in vergete gange…
Óú urine en ontlasting se reuk kleef my aan;
stort in mishandeling telkemaal ‘n traan…

Kry pakslae by poppies met rooi lippies pal,
as ek “per ongeluk” van my bed afval…
Van die bloukolle op my lyf is jy nie bewus
en my rou bedsere versteur gereeld my rus…

My uitroep is skor en eensaamheid versmoor;
ek wag vir ‘n antwoord, maar niemand wil hoor…
Bymekaar geskraap my moed al die maande;
Sin vir sin geskryf in droewige aande…

Ek wil nie graag kerm, bedoel nie om te kla,
maar in duisternis word ondraaglik die dae…
Ek weet jy is besig met belangriker goed,
maar wil jy my met vroeër se vreugde kom voed?

My kind, kom haal my, ek wil by jou wees;
kry ‘n plekkie om my pleidooi alleen te lees…
Ek sukkel om te verstaan, maar is nie kwaad;
ek pleit net vir tydjie om met jou te praat…

Nou bid ek gesondheid bly jou altyd by
en dat jou éíe kinders jou níé sal laat ly…
Dis duidelik dat die dood hier op wil duik;
ek hoop my briefie sal jou betyds bereik…

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES
Bernard Fielies
072 271 9205
076 902 8468

LANGNEKSTORIES

Admiraal Vokololly wat ‘n vryheidsvegter was het verdrink toe sy boot gebombardeer was in die Gou-Kou Rivier. Hy en sy makkers het toe almal omgekom.

Sy beendere wat daar langs die rivier begrawe was is opgegrawe en op Tuinplaas by die Volstruisrepubliek herbegrawe. Tydens die groot okkasie het die Baron in sy wysheid besluit dat hulle nou geregtig is om ‘n grondeis in te stel.

Na vele beraadslaging word ‘n landmeter aangestel. Daar word geadverteer en gekonfidereer. Die finale besluit is vanaf Port Elizabeth tot kort duskant Hermanus van Albertinia tot by Colesberg word afbebaken vir die eerste eis.

Die ou lappie grond is nie baie groot nie maar sal voldoen aan die vereistes tot tyd en wyl verdere besluite geneem sal word.

Die advertensie sal eersdaags verskyn want die Republiek raak so gewild en die instroming van orals oor raak nogal ‘n probleem , want spasie en blyplek is nou eers prioriteit.

Die geleendheid wat gebruik word heet Vokkolollies vernoem na die Admiraal Vokkololly die groot Vryheidsvegter.
Die watermerk binne in die note het ook sy kop op. Dit is goedgedink om dit daar dan te bring aangesien die Admiraal sy lewe in die water verloor het.

Daar het ‘n Weervoorspeller op die toneel verskyn en sy langtermynvoorspelling het ook ‘n invloed op toekomstige uitbreiding en beplanning te weeg gebring.

Die aardverwarming en die veranderinge in die reënvalpatroon van die land het bespiegelinge dat die seevlak nou kan styg tot net anderkant die N2 en dat Albertinia eersdaags seefront sal hê.

Binnekort word daar stranderwe uitgegee aan die anderkant van die N2 , dan is “Karoo by the sea”, erwe beskikbaar. Ons raai almal aan om sommer so gou moontlik ‘n stranderfie te bekom want die eerste erwe sal nie te duur wees
nie , maar hoe nader die water skuif hoe duurder en meer onbekombaar gaan die grond wees.

Ons sal u op hoogte hou van al die verwikkelinge. Intussen groei ons Volstruisbevolking by die dag en almal is gelukkig en tevrede.

Tot volgende keer
Groete van Huis tot Huis
Vollie Volstruis

NB !!
Iewers het iemand vir ons Motreën voorspel maar tot dusver gewaar ons nog geen motte hier by ons nie. Indien dit daar by julle uitgeval het laat weet ons asb dringend.