NSRI STILBAAI – 10 KM RACE

The Stilbaai NSRI 10 km is held annually on 31 December @ 7:00 from the NSRI building at the Stilbaai harbour. The harbour area was a buzz with people launching their boats and others, supporting the record number of approximately 1200 runners that took part this year. The proceeds for the event is donated to the NSRI Station 31 in Stilbaai to assist them in their work.

Die pryswenners van die 10 km wedloop saam met Arrie Combrinck –stasiebevelvoerder, Ross van Reenen – medaljeborg en Nico Steenekamp – organiseerder.
(Foto: Elza Thiart-Botes)

(Photos: rbrobinblog)
The event is open to all runners, joggers and walkers and the perfect opportunity for visitors to take advantage of the beautiful scenery around Stilbaai.

STILBAAI ROLBALKLUB Uitslae van die JC Slagtery Borgdag, 13 Desember 2017:

Hiermee die uitslae van Stilbaai Rolbal klub-kompetisie wat op Woensag, 13 Desember 2017 in sterk wind plaasgevind het. Daar het ‘n hele klomp besoekers saam meegeding vir die groot vleis pryse wat deur JC Slagtery, Riversdal geborg was. Selfs die sterk wind kon van die besoekers nie afsit nie en nie minder as 3 besoekers het pryse gewen. (Irma Huysamer)

Die Wenners
Vlnr : Elsabe van Rhyn (besoeker),
Elzie Erasmus en Skip- Simon Mattheus (besoeker).
Tweede Prys
Vlnr: Dup van Reenen, Jan Stein en Skip- Gavie du Toit (besoekers).
Derde Prys
Vlnr: Wessel Potgieter, Kitta de Jager en Skip- Hennie Steyn.

NUWE TEGNOLOGIE VIR BOETEKAARTJIES

Die uitrol van ‘n nuwe elektroniese handtoestelsisteem sal Hessequa Verkeersbeamptes in staat stel om die uitreik van boetes meer vaartbelyn te maak.
Die toestel staan bekend as die elektroniese boete uitreikingstelsel en kan motoriste se inligting outomaties gelees word deur middel van ʼn nommerplaat of bestuurderslisensie te skandeer.

Bestuurders se inligting word outomaties gelaai op die elektroniese toestel, inplaas daarvan dat dit met die hand ingevul word op die ou pienkkaartjie.

ʼn Boetekaartjie word onmiddellik uitgedruk deur middel van ʼn mobiele drukker en aan die bestuurder oorhandig. Oortreders kan boetes vinniger betaal aangesien die inligting reeds op die stelsel vasgevang is en verskyn. Boetes kan deur middel van elektroniese fondsoordrag betaal word, by Munisipale kassiertoonbanke of by die Verkeerskantoor.

Bestuurder Beskermingsdienste, Adneshel Voss noem dat die gebruik van die toestel is deur die Landros Forum en die Staatsaanklaer aanvaar. Geen inligting soos wat op die ou boetekaartjie verskyn het is weggelaat nie, inteendeel die elektroniese toestel bevat meer inligting.

Waarom gebruik munisipaliteite hierdie toestelle?

Dit sny baie papierwerk uit en verminder die gebruik van stoorspasie.
Verminder menslike foute met die uitreiking van die boetes.
Bevat meer inligting oor die bestuurder en uitstaande boetes.
Kostebesparing vir die Raad.
Verminder die gebruik van papier.

Wat belangrik is vir die gemeenskap om in ag te neem, is dat die beampte wat die boetes uitreik in besit moet wees van ‘n aanstellingsertifikaat. Indien die aanstellingsertifikaat nie getoon kan word nie, mag die betrokke persoon nie ʼn boete uitreik nie.

Tannie Evita Kom Kuier In Heidelberg

Heidelbergers kan hul gereed maak vir ‘n uitsonderlike gebeurtenis met die land se mees bekende tannie, Evita Bezuidenhout op Maandag, 12 Februarie om 18:30 by Dasjesdrift Teaterhuis van Niël Rademan, bekende sanger en verhoogkunstenaar. ( Vir verdere navrae kontak gerus 079 697 1574. )

“Tannie Evita praat Kaktus” is die titel van haar staatsrede. Ons Tannie kyk na die politiek van die oomblik, die vrese van vandag, die spoke van gister en die tsunami’s van die toekoms van 1652 tot 2018: die lief en leed, die soet en suur, altyd met haar tong in jou kies en die belaglikheid van ons politiek in jou glimlag.   ( Irma Huysamer )