RIVERSIDE

IMG_113-Riverside

Almal wat eiendom in Stilbaai besit, of net hier kom vakansie hou, weet dat Riverside ‘n stukkie juweel is wat ons moet oppas en bewaar.

Dit is presies hoe die nuutverkose bestuur oor Riverside voel. Die meeste mense weet van Riverside en het al per boot of motor hier verby gery ….
Verseker een van die mees gesogte vakansie plekke naby Stilbaai.

Ons as inwoners is werklik bevoorreg om hier te kan bly en te kan vakansie hou.
Die oogmerk en visie van die nuwe bestuur is om Riverside so te bestuur dat dit tred hou met die hoë standaarde van Stilbaai as toeriste bestemming.

Ons het tan s 33 bestaande eiendomme met 3 nuwe huise wat binnekort gebou gaan word. Daar word deurgaans gepoog om die “plaas atmosfeer” te behou.
Ons het heelparty permanente inwoners wat bevoorreg is om hierdie mooi deur die jaar te kan geniet.
‘n Voltydse terreinbestuurder en assistant sien om na die dag tot dag instandhouding van die terrein.

Vir enige navrae of verdere inligting oor Riverside skakel gerus : 082 829 3787

Print Friendly, PDF & Email